ebook img

Wie is God, Jahweh of Allah? PDF

91 Pages·2012·0.56 MB·Afrikaans
by  
Save to my drive
Quick download
Download
Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.

Preview Wie is God, Jahweh of Allah?

Wie is God, Jahweh of Allah? Outeur: Jacobus N S Pretorius Uitgewer – JNS Pretorius E-pos: [email protected] Sel: 072 347 7919 Eerste gedrukte uitgawe – Junie 2003, deur Aidos Boeke Hersiene elektroniese uitgawe – September 2012 ISBN: 978-0-620-54621-8 Kopiereg gehou deur JNS Pretorius This book is also available in English under the title: Who is God, Yahweh or Allah? 1 Wie is God, Jahweh of Allah? Inhoud Die Doel van hierdie Boek ................................................................ 3 1. Wie is God? ................................................................................ 4 2. Nie–Moslems se Beskouing van Islam ........................................ 8 3. Wat is Islam? ............................................................................ 11 4. Die Liefde van Allah, die God van Islam .................................... 17 5. Die Liefde van Jahweh, die God van die Bybel .......................... 21 6. Verhoudings met ander Mense. ............................................... 25 7. Sonde, Vergifnis en Straf .......................................................... 28 8. Islam se Paradys ....................................................................... 37 9. Geweld in die Christendom ...................................................... 41 10. Geweld in Islam ..................................................................... 45 i. Die Quran .............................................................................. 45 ii. Geweld in die Hadis (Tradisies van Mohammed) ................... 48 iii. Jihad (Heilige Oorlog) .......................................................... 50 11. Waarom is Oorlog dan Nodig? ............................................... 55 12. Die Waarde van Ooreenkomste, Beloftes en Ede in Islam ..... 59 13. Buit, belastings en ander voordele vir Islam .......................... 65 14. Islam, Israel en Geweld .......................................................... 67 15. Jesus en Mohammed ............................................................. 69 16. Jesus, Seun van God? ............................................................. 76 17. Dieselfde God? ...................................................................... 78 18. Gevolgtrekking....................................................................... 80 Aanhangsel A. ................................................................................. 83 Aanhangsel B. ................................................................................. 85 Aanhangsel C. ................................................................................. 87 Bronnelys ....................................................................................... 91 2 Die Doel van hierdie Boek Baie mense is van mening dat Jahweh (kan ook gespel word Yahweh, wat moontlik ‘n meer korrekte spelling is), die God van die Bybel en die Christendom en Allah, die God van die Quran en Islam, dieselfde wese is en daarom deur baie gesien word as die enigste ware God. Maar is dit so? Is hierdie twee wesens dieselfde God wat net verskillende name het? Indien dit wel die geval is, is dit goed en kan albei as sulks aanbid word. Indien dit nie dieselfde wese is nie, dan is ten minste een van hulle nie die ware God nie, en behoort dan nie aanbid te word nie. Daar is natuurlik, in die wêreld, baie vals gode wat wel aanbid word. Een manier om vas te stel of Jahweh en Allah wel dieselfde wese is, is om vanuit hierdie godsdienste se heilige boeke te bepaal wat elkeen van hierdie wesens se belangrikste eienskappe (attribute) is en dit dan te vergelyk. Indien hulle belangrikste attribute identies is, is dit moontlik, en kan dit erken word dat hulle wel dieselfde wese en dus dieselfde God is. Dit is dan ook waaroor hierdie boek handel. In hierdie studie word vanuit die Bybel van die Christendom en uit die Quran en Hadith (instruksies vir lewe deur Mohammed, Islam se profeet, wat deur Moslems baie belangrik is vir lewe), van Islam, bepaal wat die belangrikste attribute van hierdie twee wesens is en dit word dan vergelyk ten einde vas te stel of hulle wel dieselfde wese, of dan dieselfde God is. Uit hierdie studies sal dan ook bepaal kan word of dit wel die ware God is, indien hulle wel dieselfde wese is, of, alternatiewelik sal bepaal kan word watter een die ware God is, indien dit duidelik is dat dit nie dieselfde God kan wees nie. In hierdie proses is daar in hierdie boek gebruik gemaak van meer as 85 aanhalings uit die Quran, meer as 95 aanhalings uit die Hadith en meer as 75 uit die Bybel. Hierdie aanhalings is meer as voldoende om die karakter en eienskappe van hierdie twee wesens, die God van die Bybel en Allah van Islam, bo alle twyfel te bepaal. Hierdie boek se doel is dan om die eerlike soeker na waarheid te help om voldoende insae te kry in die karakter en attribute van Jahweh, die God van die Bybel en Allah van die Quran, ten einde hom/haar dan instaat te stel om 'n ingeligte besluit in verband daarmee te neem. Skrywer 3 1. Wie is God? Die twee grootste godsdienste in die wêreld is die Christendom (waarvan die meerderheid Rooms-Katoliek is) en Islam. Jahweh is die God van die Christene en word deur hulle as God erken en aanbid. Moslems (Islam) aanbid Allah en beskou hom as die enigste en ware God. Islam erken die God van die Christene nie as Jahweh nie. Hulle maak egter daarop aanspraak dat Allah, Islam se God, en die God wat deur die Christene aanbid word, dieselfde God is en dat sy naam Allah is. Daar is ook baie Christene, waarskynlik die meerderheid Christene, wat meen dat Jahweh en Allah dieselfde God is, en dat hierdie twee geloofsgroeperinge in wese dieselfde God aanbid. Albei hierdie geloofsgroepe glo ook dat daar net een ware God is. Dit is dus uiters belangrik om seker te maak of hierdie twee wesens dieselfde persoon of godheid is. Indien hulle nie dieselfde God is nie, dan kan ‘n mens aflei dat ten minste een van hulle nie die ware God is nie en dus 'n afgod is. Hierdie twee wesens, Jahweh van die Bybel en Allah van die Quran, word deur hulle onderskeie openbarings (boeke) bekend gestel. In die geval van Jahweh, deur die Bybel en in die geval van Allah, deur die Quran, asook in groot mate deur die Hadith (word later meer volledig bespreek). Uit hierdie openbarings van hulle, deur hulle onderskeie boeke, word albei se karrakter en eienskappe (attribute) duidelik. Vir die doeleindes van hierdie studie word hoofsaaklik gekonsentreer op hulle morele attribute. Indien hulle wel dieselfde God is sal hulle ten minste dieselfde morele attribute deel, en hierdie morele attribute behoort duidelik uit hulle onderskeie boeke waarneembaar te wees. Uit aanhalings wat gebruik is sal die leser merk dat die betrokke boeke geen twyfel laat oor die karrakter en aard van die morele attribute van hierdie twee wesens nie. Dit is die uitgangspunt of voorveronderstelling in hierdie boek dat die hoof morele eienskap van die ware God, liefde is. ‘n Omgee liefde, nie ‘n soetsappige sentimentele of emosionele liefde nie. Soos wat elke kreatiewe mens omgee vir sy/haar skeppings, trots is daarop en beskermend is daaroor, kan ‘n mens verwag dat ‘n Skepper-God soveel te meer graag sal wil hê dat dit goed sal gaan met sy skepping, en veral so met die mens. Die liefde van ‘n ware Skepper-God behoort uiteraard ‘n welwillendheid te wees en daarby sal dit waarskynlik ‘n onselfsugtige liefde of welwillendheid wees, want dit sal daaroor gaan dat dit goed gaan met sy skepping. Die liefde waaraan hier gedink word kan op menslike vlak beskryf word as ‘n gesindheid waar 'n mens altyd liefdevol optree teenoor almal met wie jy te doen kry, insluitend mense van wie jy nie hou nie. Dit beteken dat ‘n mens altyd aan ‘n ander doen wat jy aan jouself gedoen sou wou hê in soortgelyke omstandighede en nooit iets aan ‘n ander te doen wat jy nie aan jouself gedoen sou wou hê in soortgelyke 4 omstandighede nie. Dit behoort ‘n liefdevolle (welwillende) optrede te wees sonder die geringste motief vir selfbevoordeling. So ‘n liefde sou as ware liefde beskou kan word, want hoewel dit nooit die motief is nie, is selfbehoud inherent in so ‘n gesindheid. So ‘n liefde bou op en is vir niemand ‘n bedreiging nie, terwyl ‘n gebrek daaraan, of dan liefdeloosheid, ‘n bedreiging inhou vir almal, want dit breek af en berokken skade. Indien alle mense altyd in hierdie soort liefde opgetree het sou daar geen nadeel vir enige iemand gewees het nie, en sou dit eintlik hemel op aarde gewees het. Daarom kan so ‘n liefde as ware liefde beskryf word, wat van ‘n ware God verwag kan word. In die Bybel is daar heelwat beskrywings van liefde wat met hierdie beskrywing ooreenstem. Een daarvan is te vind in 1 Johannes 4:18: "Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie." ‘n Mens sou verwag dat ‘n ware God, wat in wese ‘n liefdevolle God sal wees, se wet (sy opdragte aan sy volgelinge) liefde en welwillendheid sal wees, of ten minste sal aandring op liefdevolle handelinge teenoor medemense asook teenoor Hom. Dit sal aandring op ‘n gesindheid wat vir medemense goed en voordelig sal wees en nie vir hulle ‘n bedreiging inhou nie. Wanneer ‘n mens kyk na die skepping kan die ware Skepper-God se welwillende liefde daarin gesien word. Die God wat die heelal geskep het, die wêreld en alles wat daarin is, kan nie anders as om 'n God van liefde te wees nie. Afgesien van die harmonie van die aarde in verhouding tot die ruimte: die mooi, die kunstigheid en delikaatheid van dit wat geskep is, heelal, aarde, plante, diere en die mens, is die feit dat die mens 'n vrye wil het 'n verdere bewys van die Skepper se liefde. Hoe liefdevol sou dit wees om mense te skep wat meganies of instinktief funksioneer, soos robotte? Daar sou geen sprake kon wees van sinvolle verhoudings nie. 'n Mens sou nie goeie dade kon doen of gehoorsaam kon wees nie. 'n Mens sou wel ook nie slegte dade kon doen of ongehoorsaam kon wees nie, maar dit sou geen waarde of nut hê nie omdat dit nie vrywillig is nie. Vriendskapsverhoudings is tog vrywillig. Niemand kan iemand anders verplig om sekere persone as vriende te kies nie. Daar is punte van ooreenstemming in die skeppingsverhaal van die Bybel en die van die Quran. God het die mens (Adam en sy vrou) geskep met die vermoë om keuses te maak en met die bedoeling om met Hom (God) in 'n liefdesverhouding te lewe, soos wat dit aanvanklik ook was in die Tuin. God weet dat dit met die mens net goed sal gaan solank hy God bly dien en in 'n liefdesverhouding met Hom bly. Hulle moet dit egter vrywillig doen en nie onder dwang nie, anders sou dit nie net 5 betekenisloos wees nie, maar ook liefdeloos en onregverdig van God. Daarom stel God die mens voor ‘n keuse, volgens die Bybel. Hulle kon Hom gehoorsaam wees deur nie van ‘n sekere verbode vrug te eet nie (Hom dus eerste stel) of hulle kon ongehoorsaam wees en wel van die vrug eet. ‘n Liefdevolle God sou tog graag in ‘n vrywillige liefdevolle verhouding met sy skepsel wil leef. Daar kan tog geen vreugde in ‘n gedwonge verhouding wees nie. As die mens nie 'n vrye wil gehad het nie sou dit nie vir God nodig gewees het om hulle te belet om van 'n sekere boom te eet nie, want dit sou vir hulle onmoontlik gewees het omdat dit teen God se wil was. Deur hierdie verbode vrug te gebruik (van die boom te eet), in die hoop om soos God te word, het die mens dus sy eie belange bo die belange van God gestel, en so het die self (eie ek), vir die mens, belangriker geword as God. Natuurlik was dit, volgens die Bybel, onder aanmoediging en misleiding van Satan, deur die slang, maar die mens is skuldig omdat hy die vermoë gehad het om aan God gehoorsaam te bly. Hy het nie nodig gehad om toe te gee aan die aanloklikheid van selfbevoordelende optrede, soos deur die slang aan hulle voorgehou is nie. 'n God van liefde kan nie anders as om ook regverdig te wees nie (regverdigheid is liefde en onregverdigheid is liefdeloosheid). Hy kon dus nie anders as om die straf wat Hy beloof het toe te pas nie. Buitendien kan selfsug en liefdeloosheid nie in ‘n God wat liefde is se teenwoordigheid bestaan nie. Daarom word die mens, omdat hy vir homself en teen God gekies het, uit God se teenwoordigheid en verantwoordelikheid gedryf, in 'n wêreld in wat in die mag van die Bose is. Die mens was deur God gewaarsku en het geweet dat dit sou gebeur, maar was ten spyte daarvan ongehoorsaam. Dit is kortliks die Bybelse verhaal van die mens se toestand van verwydering van God, of geestelike dood, en dit gaan verder. Omdat God liefde is wil Hy steeds hê dat die mens na Hom moet terugkeer, maar dit moet vrywillig gebeur. God het die mens lief en Hy wil graag hê dat die verhouding herstel moet word, maar dit moet op 'n regverdige manier gebeur. Die enigste regverdige manier is om die mens sover te kry om vrywillig terug te kom. Dit is egter iets wat die mens nie kan doen nie, behalwe as iemand anders wat kwalifiseer, die straf vir sy sonde dra. Daarom het God bemoeienis gemaak met die enkelinge (wat in 'n wêreld was wat in die mag van die Bose was) wat 'n liefde en begeerte na Hom gehad het, en deur hulle het Hy 'n volk voorberei. Uit hierdie volk sou die Persoon, wat die straf sou dra, in die wêreld inkom en sodoende die versoening met God moontlik maak vir diegene wat wil. Op watter ander regverdige manier sou ‘n God van liefde sy vervreemde (geestelik dood) skepsel met Homself kon versoen? Indien die ware God nie 'n God van liefde was nie sou Hy mense so geskep het dat hulle geen vrye keuses kon maak nie. Dit sou dan ook nie nodig gewees 6 het om wette en opdragte daar te stel nie, want hulle sou nie in staat wees om verkeerd te kon doen nie. Anders sou Hy hulle wel met die vermoë tot vrye wil kon skep, maar hulle met geweld verplig om Hom te dien. Hierdie laaste geval sou nog meer liefdeloos wees. Sou dit dan nie beter gewees het om hulle maar sonder hierdie vermoë te skep nie? Hoe regverdig is ‘n God wat die mens skep met ‘n vrye wil maar die mens dan met geweld dwing om hom te dien? Daar sal aangetoon word uit die Bybel dat Jahweh, die God van die Bybel, wel ‘n God van liefde is. Indien bo alle twyfel vasgestel kan word dat Allah, volgens die heilige boeke van Islam (Quran en Hadith), 'n God van liefde is, en dat hy dieselfde karrakter en attribute het as Jahweh, God van die Bybel, dan, en dan alleen, kan gekonstateer word dat hulle dieselfde God is (soos wat algemeen geglo word). Indien hulle nie dieselfde eienskappe het nie, dan is dit logies dat dit nie dieselfde Wese is nie. Dit sal beteken dat daar indringend gekyk sal moet word na die twee godsdienste, Islam en Christendom, hulle heilige boeke en dit wat hulle leer en lewe. Hierdie studie gaan dus nie oor opinies van mense oor die verskillende godsdienste nie, maar oor dit wat hulle heilige boeke leer en optredes as gevolg van wat geleer word. Indien daar, in hierdie proses, dinge gesê word wat aanstoot gee, moet die leser asseblief glo dat dit nie die bedoeling is nie. Die bedoeling is om slegs by die waarheid te hou, en dit is ongelukkig so dat die waarheid soms seermaak. Baie moeite is gedoen om aanhalings getrou, onbevooroordeeld en binne konteks weer te gee. Indien die leser egter volhou en deurdruk sal hy besef dat die motief vir die skryf van hierdie boek, liefde is, en 'n opregte poging om die waarheid te soek en bekend te maak. Die leser word dus genooi om dit klaar te lees, en indien nodig die waarheid van aanhalings uit die bronne te kontroleer, en dan 'n besluit te neem oor wat hy/sy as geloofwaardig aanvaar. Dit is ongelukkig so dat, net soos in die Christendom alle Christene nie altyd op hoogte is van wat die Bybel leer nie, so is daar blykbaar ook Moslems wat nie altyd op hoogte is van alles wat in Quran en die Hadith geleer word nie. Daarom mag sommige aanhalings uit hierdie boeke vir sommige lesers, Christene sowel as Moslems, 'n verrassing wees. 7 2. Nie–Moslems se Beskouing van Islam Na die gewelddadige verwoesting van die Wêreld Handel Sentrum (World Trade Centre) geboue in New York, Amerika, op 11 September 2001 deur sogenaamde Moslem ekstremiste, hoor 'n mens in die media teenstrydige uitsprake oor die vredeliewende aard en karakter van Islam. Daar word beweer dat Islam 'n vredeliewende godsdiens is en dat die deursnee Moslem vrede nastreef. Hierdie inligting word verkry van Westerse- en selfs Christen ‘kenners’ van Islam. Wanneer daar in die media met Moslem leiers hieroor gepraat word, dan gee hulle ook telkens die versekering dat Islam eintlik, in wese, vredeliewend is. Hulle veroordeel die terroriste dade en simpatiseer met die veronregtes. Dit klink goed en dit laat die gemiddelde nie- Moslem beter voel oor Islam. 'n Mens sou graag wou glo dat Islam 'n vredeliewende godsdiens is, want as dit nie is nie, is daar moeilikheid vir alle nie-Moslems. Daar is baie Moslems en die sogenaamde ekstremiste skroom nie om hulle lewens op te offer om hulle ‘vyand’ uit te wis nie. Hoe duisende, niksvermoedende, ongewapende burgerlikes, wat besig is met hulle gewone dagtaak, insluitende vrouens, hulle vyande kan wees, is vir die gemiddelde nie-Moslem glad nie duidelik nie. Wanneer 'n mens egter sekere Moslems se vreugde oor hierdie terreurdade op TV sien en sien hoe sogenaamde vredeliewende Moslems regoor die wêreld, insluitende Suid-Afrika, reageer teenoor Amerika op grond van hul optrede teen die terroriste, sowel as teenoor die voorheen terroristiese staat, Afghanistan, dan wonder 'n mens hoe dit rym met hulle ‘vredeliewendheid’. Hulle betogings en plakkate is niks minder as dreigend nie. Daar word gedreig met 'n sogenaamde heilige oorlog, of Jihad teen Amerika. Ook in Suid-Afrika was daar aksies om mense te werf om Afghanistan te gaan help, nie net finansieel en met middele nie, maar ook as soldate. Daar is uitsprake van ‘vredeliewende’ Moslems, soos die volgende: “As 'n Moslem aangeval word deur 'n nie-Moslem, word almal aangeval en dan moet almal help” (Moslem geestelike tydens onderhoud oor RSG). Die Suid- Afrikaanse Moslem Regsraad veroordeel Amerika as die aggressor vir sy aanvalle teen Afghanistan en sy terroriste. Die meerderheid van Moslems wat daaroor iets te sê het, stem met hierdie veroordelings saam. Dan is dit nie meer so seker of Islam wel 'n vredeliewende geloof is nie en ook nie wie almal hulle vyande is nie. Vir die gemiddelde nie-Moslem is Islam 'n raaisel. Daarom bestaan daar in hierdie dae by die meeste mense onsekerheid oor hierdie sake. Selfs by 8 ‘nominale’ Moslems, (mense wat nie op hoogte is van wat hulle heilige boeke leer nie) wie se geloof gebou is op wat hulle hoor in die Moskees (Moslem plekke van aanbidding), by hulle geestelike leiers, sowel as in hul gemeenskap, is daar onsekerheid. Indien daar nie onsekerheid is nie, is hierdie teenstrydige menings moeilik te verduidelik. Vir die nie-Moslem kom die gemiddelde Moslem vreedsaam voor. Oor die algemeen word hulle beleef en ervaar as vriendelike en hulpvaardige mense. In Westerse lande is kontak tussen nie-Moslems en Moslems egter hoofsaaklik beperk tot 'n besigheidsituasie waar die nie-Moslem die klant is en die Moslem die besigheidsman of –vrou. Oor die algemeen word Moslems ervaar as 'n eksklusiewe groep, waar vriendskappe met nie-Moslems en werklike sinvolle sosiale interaksie baie min voorkom. Daarom is die Moslems en hulle godsdiens, Islam, vir die gemiddelde nie-Moslem 'n raaisel. Dit gebeur dikwels dat Moslems betrokke is, of geïmpliseer word, by dade van geweld wat deur nie-Moslems as tereurdade beskou word. Uiterste voorbeelde daarvan is die gewelddadige verwoesting van die Wêreld Handel Sentrum (World Trade Centre) waarna reeds verwys is, en die motorbom ontploffing in Bali, Indonesië, op 12 Oktober 2002 waar groot getalle nie- Moslems die teikens was. Moslems se reaksie op hierdie dade is gewoonlik teenstrydig. Aan die een kant word dit veroordeel, maar aan die ander kant word dit ook goedgepraat. Uit die reaksie van Moslem leiers kry 'n mens die indruk dat hierdie dade nie deur hulle as terreur beskou word nie, maar eerder as regverdigbare oorlogsdade. 'n Mens kry verder die indruk uit uitsprake van leiers sowel as gewone Moslems dat hulle simpatie het met die mense wat hierdie ‘terreurdade’ pleeg. Die nie-Moslem vind dit moeilik om te verstaan hoe duisende mense in vreedsame omstandighede, besig met hulle gewone dagtaak of vakansie, insluitende vrouens en kinders, die vyande van Islam kan wees, wat verdien om regmatiglik, as 'n daad van oorlog, doodgemaak te word. Dit rym nie met die reeds genoemde beeld van Moslems nie, en dit is verwarrend vir die nie- Moslem. Selfs Moslems verstaan dit nie altyd nie en vind dit dikwels moeilik om te verduidelik. Aan die ander kant het Moslems ook soms probleme om sin te maak uit nie- Moslems se optrede, en in besonder ook met Westerlinge wat hoofsaaklik deur Moslems as Christene beskou word. In die naam van Christendom is daar ook Moslems doodgemaak tydens die Kruistogte (Crusades). Moslems in Westerse lande sien ook elke dag hoe mense wat bekend staan as Christene en wat daarop aanspraak maak dat Jesus in hulle plek die straf vir hulle sonde gedra het, hulle skuldig maak aan die gruwelikste sondes soos onder andere 9 onsedelikheid, drankmisbruik, geweld, ensovoorts. Tereg maak hierdie dinge nie vir hulle sin nie, want hoe kan iemand aanhou sonde doen terwyl hy daarop aanspraak maak dat Jesus die prys betaal het vir sy sonde? As Christen is die skrywer bewus daarvan dat die meerderheid mense wat voorgee dat hulle Christene is, en deur ander gelowe as Christene beskou word, nie eers self weet wat die ware en Bybelse betekenis van die woord ‘Christen’ is nie. Hierdie mense ken die God van die Bybel nie, en lewe glad nie in totale oorgawe aan Hom, soos wat dit 'n ware Christen betaam nie. Hierdie is nie 'n poging om verskonings te soek nie; dit is feite, en dit is goed dat Moslems daarvan kennis neem. In Aanhangsel B word 'n definisie gegee van wat 'n ware Christen is. Hier kan net gesê word dat hoe nader 'n mens aan die God van die Bybel leef, hoe meer lewe jy in oorgawe aan Hom en hoe meer liefdevol is jy, want die God van die Bybel is liefde. Dit sal uit die Bybel aangetoon word. Enigiemand wat dus geweld, haat en onsedelikheid bevorder kan nie 'n ware Christen wees nie al gee hy/sy voor om een te wees. Die skrywer is daarvan bewus dat Islam die Bybel as verdraai en onbetroubaar beskou. Hy is egter ook daarvan bewus dat selfs Moslem geestelikes erken dat daar geen bewyse bestaan dat die Bybel verdraai is nie, en dat niemand enige geldige bewyse kan voorlê nie. As gevolg van die onkunde en onsekerheid oor die vredeliewendheid van Islam, het die skrywer verskillende vertalings in Afrikaans en Engels van die Quran en ook vertalings in Engels van verskillende samestellings van die Hadis (Hadith) bekom, waar hy in hierdie heilige boeke van Islam gesoek het na antwoorde op vrae oor liefde, geweld, oorlog, sonde, vergifnis, straf, ens. Uitsprake oor hierdie sake deur die God van die Bybel word vergelyk met uitsprake hieroor deur Allah, die God van Islam, in die Quran. Hieruit behoort dit vir die leser duidelik te word of Jahweh, God van die Bybel en Allah, God van die Quran, dieselfde wese is, en indien nie, watter een waarlik God is. Aangesien die skrywer nie Arabies magtig is nie moes hy hom verlaat op Afrikaanse en Engelse vertalings van hierdie boeke (Quran en Hadis). Daar is egter baie moeite gedoen om aanhalings korrek en binne die konteks te gebruik. Verwysings word gegee om die leser in staat te stel om die akkuraatheid en toepaslikheid van aanhalings te kontroleer. Let asseblief daarop dat alle aanhalings uit Engelse bronne, vry vertaal is in Afrikaans. Daar is egter baie moeite gedoen om die betekenis getrou weer te gee. 10

Description:
vanuit die Bybel van die Christendom en uit die Quran en Hadith .. getiteld, The Translation of the Meanings of Sahih Al-Bukhari, uitgegee deur .. kan 'n mens red nie, maar as jou oorgawe (redding) nie 'n heilige (toegewyde).
See more

The list of books you might like

Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.