UIT DIE GESKIEDENLS VAN DIE NAAMGEWING AAN PLANTE EN 1 DIERE IN AFRJIIUANS deur Dr. J. DU P. SCHOLTZ NASIONAL!! PEll.S, BEPBRJ: Kaapstad, Bloemfontein en Port Elizabeth 1941 WOORD VOORAF Die belangstelling in die geskiedenis van die Afrikaanse woordeskat is tot hier toe hoofsaaklik op die vreemde elemente daarin gerig. In verband met die ondersoek na die ontstaan van Afrikaans is in die bekende werke van Proff. D. C. Hesseling, P. J. du Toit en D. B. Bosman 'n aansienlike aantal woorde van Franse, Duitse, Portugese, Maleise en Hottentotse of ander herkoms bespreek. Na die verskyning van hierdie studies het veral Prof. J. L. M. Franken horn daarop toegele om nog meer Portugese en Maleise relikte aan die Kaap aan die lig te bring. Prof. S. P. E. Boshoff was die eerste wat enigsins stelselmatig studie begin maak het van die ,,erfgoed" en ,,eiegoed" in die Afrikaanse woordeskat, hoewel die vraagstuk van ontlening uit 'n vreemde taal tog nog by horn ook op die voorgrond gestaan het. W oorde van vreemde of onsekere oorsprong val altyd die eerste op en prikkel die nuuskierigheid, sodat dit - nog afgesien van die belang wat die woorde vir die ontstaans probleem van Afrikaans het - te verwagte was dat hulle eerste bestudeer sou word. Buitendien voer die Franse, Duitse, Portugese en Maleise woorde ons dadelik terug na die r7de en r8de eeu, hulle dateer as 't ware hulself, sodat dit dikwels nie nodig geag is om ou bewysplase te vind om hul plek in die ontwikkeling van die Afrikaanse woorde skat te bepaal nie. By die historiese studie van Afrikaans was dit 'n groot gerief, want die saak is juis dat ons so moeilik uit die bronne van voor die r9de eeu iets omtrent die geskiedenis van ons taal kan te wete kom. By die behandeling van die ,,eiegoed" het Prof. Boshoff dus om begryplike redes nie histories te werk gegaan nie. Slegs by uitsondering gee hy 'n ou bewysplaas aan vir die een of 11 antler van die talryke oorspronklik Afrikaanse woorde wat hy opnoem. By gebrek aan gegewens sal die ouderdom van die meeste van die woorde ook wel nooit kan vasgestel word nie. Slegs wat een groep woorde betref, die name van Afrikaanse plante en diere, sou dit in 'n groot mate kon gedoen gewees het. Dit is dan die bedoeling van hierdie studie om die ontwikkeling te skets van die naamgewing aan Afrikaanse plante en diere en daardeur 'n bydrae te lewer tot die geskiedenis van die Afrikaanse woordeskat. Oorspronklik was dit nie my plan om naas die volksname ook die wetenskaplike name te gee nie, maar later het geblyk dat <lit in baie gevalle onontbeerlik was, en toe is besluit om dit sover moontlik konsekwent te doen. Onmiddellik na elke volksnaam volg tussen hakies eers die moderne wetenskaplike naam en daarna die bron waarin die volksnaam gevind is. Waar die moderne wetenskaplike naam nie kon vasgestel word nie en in die br<m 'n ou wetenskaplike naam aangegee is, word tussen hakies na die volksnaam eers die vindplaas gegee en dan die ou wetenskaplike naam van die bron. Die moderne biologiese werke wat ek geraadpleeg het, is veral Stark en Sclater, The Fauna of South Africa: Birds I-IV; Mammals I-II; Shortridge, The Mammals of South West Africa I-II; Girchrist, South African Zoology; FitzSimons, The Snakes of South Africa; Gill, A First Guide to South African Birds; Marloth, The Flora of South Africa I-IV. Van baie nut was ook die talryke artikels oor plante en diere in Winkler Prins, Algemeene Encyclopaedie (5de druk). · Studies oor Afrikaanse plant- en diername wat ek met groot voordeel gebruik het, was veral die woordeboek van Marloth, The Common Names of Plants, en die artikel van Gilchrist, ,,History of the Local Names of Cape Fish," in Transactions of the South African Philosophical Society, dl. XI., afl. 4. Ander werke wat ek met vrug geraadpleeg het, was o.m. 'n artikel van Muir, ,,Gewone Plantname in lll die Distrik Riversdal," in Die Huisgenoot van 30 Aug. 1929, en in die algemeen die Vakwoordeboek van D. F. du Toit Malherbe. · · 'n Lys van Geraadpleegde Bronne word aan die end van die boek gegee. ]. DU P. SCHOLTZ. Nuweland, Julie 1940. NASKRIF.-Toe die manuskrip van hierdie studie reeds persklaar was, het kart na mekaar verskyn The Birds of South Africa deur Austin Roberts, 'n tweede druk van A First Guide to South African Birds deur Leonard Gill, en 'n artikel van Muir, ,,Afrikaans Bird-Names in Riversdale, C.P.," in The Ostrich van Okt. 1940. 'n Vroeer verskyning veral van Roberts se boek sou my werk baie vereenvoudig het. Hy gee betreklik min outentieke volksname, maar deur sy uitvoerige ,,Index of the Latin Names" sou die identifisering van die voels my heelwat minder moeite gegee het. INHOUD HOOFSTUK I l-28 Inleiding I.-Naamgewi,ng deur Portugese Seevaarders 3.-Naamgewi,ng deur Neder landse Seevaarders 7.-Toepassing van Nederlandse Name aan die Kaap 9.- 0orgeerf, of hier Ontstaan? 16.-Koloniaal N ederlandse Name 23. - Chronologiese I ndeling van Name 27. HOOFSTUK II Hottentotse Name 29.-Afrikaanse Plant name 29.-Afrikaanse Diername 34. HOOFSTUK III 39-15 Inleiding 39.-Name wat moontlik oorgeerf is 40.-~Hottentotse ett Ander Inboorlingname 43.-Afrikaanse Diername 49.-Afrikaanse Plantname 64. HOOFSTUK IV 76--94 Inleiding 76.-Hottentotse en Ander Inboor lingname 78.-Afrikaanse Diername 79. Afrikaanse Plantname 86. BESLUIT 95-105 LYS VAN GERAADPLEEGDE BRONNE 106--no REGISTER VAN PLANT- EN DIERNAME n1-n9 HOOFSTUK I INLEIDING Uit ou dagverhale, reis- en landbeskrywings en vroee werke oor die natuurlike historie van ons land is heelwat gegewens te haal vir 'n geskiedenis van die naamgewing aan diere en plante in Afrikaans. Volledig sal so 'n geskiedenis uit die aard van die saak nooit kan wees nie. Die Kaap was wel reeds in die lJde eeu beroemd vir sy buitengewoon ryk plante- en dierelewe, en natuurliefhebbers het ywerig versamelings aangele; tog is die Kaapse natuurlike historie eers in die tweede helfte van die 18de eeu enigsins omvattend bestudeer. Bowendien het natuurondersoekers nie altyd in die volksname van plante en diere belang gestel nie. Dit geld veral weer vir die lJde en die eerste gedeelte van die l8de eeu, sodat 'n mens bv. in die werke van botanici soos Breynius, die Commelins, Burmannus en Bergius heel weinig van belang aantref. In die laaste helfte van die l8de eeu het natuurondersoekers soos Thunberg, Sparman, Paterson en Le Vaillant gelukkig 'n groot aantal Afrikaanse plant- en diemame opgeteken, en hulle voorbeeld is in die l9de eeu deur Lichtenstein, Burchell, Harvey, Smith e.a. nagevolg. Die volksname van die groter landdiere is meestal vroeg te boek gestel, soos trouens kan verwag word, maar die name van die kleiner diersoorte het blykbaar veel minder die aandag getrek en is slegs sporadies opgeteken. Om 'n voorbeeld te noem: in 'n groot verskeidenheid van geraadpieegde bronne is voor 1815 nie 'n enkele volksnaam van 'n Afrikaanse skilpad, en voor 1830 nie 'n enkele naam van 'n Afrikaanse padda aangetref nie. Ook die studie van die visse om ons kus is tot diep in die 19de eeu baie verwaar loos, en die oes van aangetekende · volksname voor 1845 is betreklik skraal. 2 Die reis- en landbeskrywings van persone wat nie natuur ondersoekers was nie, lewer selde veel interessants op. Die paar paragrawe of bladsye wat aan die flora en fauna gewy word, bevat meestal nie meer as lyste van heel bekende Nederlandse plant- en diername nie, veral versamelname soos KRAAI, SPREEU, JAKKALS, WOLF, met slegs hier en daar 'n uitvoeriger beskrywing van 'n besondere soort. Selfs Kolbe, wat aparte hoofstukke aan die onderwerp wy, en 'n andersins noukeurige waarnemer soos Mentzel, vermeld betreklik weinig belangwekkends. Ongepubliseerde argiefstukke sal wel nog onbekende gegewens bevat, maar die geringe resultaat wat die deurlees van bv. die vier dele Reizen in Zuid-Afrika in de Hollandse Tijd van Godee Molsbergen, die Dagverhaal van Van Riebeeck en die joernale van latere Kaapse komman deurs en goewerneurs (in Engelse vertaling gepubliseer deur Leibbrandt in sy Precis of the Cape Archives) opgelewer het, moedig nie juis tot 'n verdere ondersoek van dergelike bronne aan nie. Hoe dit sy, die gegewens wat uit al die bronne saam gehaal is, is tog van so 'n aard en omvang dat dit ons in staat stel om 'n taamlik duidelike beeld van die geskiedenis van die Afrikaanse naamgewing te ontwerp. Vir iemand wat oor geen plant- en dierkundige vakkennis beskik nie, lewer die studie van die naamgewing heelwat moeilikheid op. Die beskrywing van plante en diere in die ou bronne - vir sover <lit al gegee word - is dikwels so onvolledig <lat dit selfs vir 'n vakman nie maklik sal wees om die betrokke <lier of plant te herken nie. As die naam nie meer bestaan nie, of as-soos meermale voorkom dieselfde naam aan verskillende plante of diere gegee is, is <lit soms onmoontlik om vas te stel watter <lier of plant 'n naam gekry het. Dikwels word wel wetenskaplike name gegee, maar vandag is die byna altyd deur antler vervang; <lit kos 'n nie-vakman dan baie tyd om noukeurig na te gaan hoe die betrokke <lier of plant vandag in die wetenskap genoem word. Ook is <lit vir 'n leek moeilik om te oordeel in hoeverre plante en diere uit 'n wetenskaplike oogpunt 3 misleidende volksname gekry het. Hy kan dit slegs deur moeitevolle raadpleging van die vakliteratuur agterkom, en dan selfs nie in alle gevalle nie. Uit 'n taalkundige oogpunt beskou is <lit gelukkig nie so belangrik nie. Die dierkundige kan wel kla dat die berghaas of springhaas geen haas is nie, die erdvark geen vark, die landmol geen mol en die witkraai geen kraai nie; vir die taalkundige is die sy van die vraagstuk nie van oorheersende betekenis nie. Tog sal later op die vernaamste en interessantste gevalle van misleidende naam· gewing gewys word. As dit uit die ou bronne kon vasgestel word wanneer en presies waar oral sekere volksname gebruik is - <link bv. aan die name BOOMSINGERTJIE, DORINGBESIE en SONBESIE vir 'n Afrikaanse sikade, en soveel meer -, sou 'n bydrae kon gelewer word tot die Afrikaanse dialekgeografie, met die studie waarvan nog nouliks 'n aanvang gemaak is. Ook hiervoor is die gegewens ongelukkig meestal te skraal en onseker, hoewel soveel moontlik op die geografiese verspreiding sal gelet word. Sommige plante en diere kom alleen in bepaalde streke voor; en as hulle nie om die een of ander rede algemeen bekend geword het nie, is ook hul name natuurlik slegs bekend in die gebiede waar hul tuishoort. Plante en diere wat alleen diep in die binneland of ver na die noorde of ooste aangetref word, kon vanselfsprekend eers betreklik laat Afrikaanse name gekry het. Ons moet egter onthou dat die verspreidingsgebied van baie plante en veral diere vandag glad anders is as se 'n tweehonderd jaar gelede. NAAMGEWING DEUR PORTUGESE SEEVA ARDERS 'n Honderd rjaar voor die eerste skipvaart van die Nederlanders na Oos-Indie het die Portugese gereeld om die Kaap na die Ooste en terug gevaar. Op die lang en gevaarlike reis was die verskyning van sekere voels om hul skepe vir die Portugese dikwels die eerste welkom teken dat 4 hul die Kaap die Goeie Hoop nader. Die name wat hulle aan die voels gegee het, en aan ander om die kus, is later deur die Hollandse seevaarders oorgeneem, en ons tref hul dikwels in ou Nederlandse reis- en landbeskrywings aan. In die kompilasie van Hondius, Klare Besgryving van Caba de Bona Esperanca (Ao. 1652), lees ons o.a. van alcatracas, antenayas, faysons, garagians, gavoitoyns en mangas de velludo as name van Kaapse seevoels. Van hierdie name het alleen die laaste twee met sekerheid in Afrikaans bewaar gebly. R. van der Meulen het in die Ts. voor Ndl. T. en L. XXXIX (Ao. 1920), pp. 274-279, aangetoon dat die eerste gedeelte van mangas de velludo (lett. ,,moue van fluweel") voortlewe in die bekende MALGAS, volksnaam van die Marus capensis, terwyl Prof. Franken in Die Huisgenoot van 7 Nov. 1930, p. 63, die naam GHAAIBOUT, wat nog onder Kaapse vissers vir 'n soort seevoel gehoor word, tot die Port. gaivota, die gavoitoyn van hierbo, teruggevoer het. Prof. Franken meen ook dat die naam BASJAN vir die Priocel laria aequinoctialis van die bogenoemde fayson (elders faision, feysoin) moet afgelei word, hoewel daar verskeie besware, foneties sowel as semanties, teen die afleiding bestaan. Volgens die beskrywinge in die ou reisverhale is die ,,fayson" onmiskenbaar die Daption capensis (nou SEEDUIF genoem), 'n voe! wat in kleur baie opvallend van die basjan verskil. Vermoedelik het oak die alombekende name FLAMINK en PIKKEWYN via die N ederlandse uit die Portugese seemanstaal tot ons gekom. Die vorm flamink (Port. flamingo) is oud;1 ) en oak die vorm pikkewyn gaan waarskynlik al tot op die 17de eeu terug. Schreyer, wat in 1673 aan die Kaap was, vermeld die naam in sy Neue Ost-Indianische Reisz- 1) Vgl. o.a. Ten Rhyne, Schediasma de Promontorio Bonae Spei (Ao. 1673) : ,.a certain kind of pelican called . . . . . by our countrymen, who learned the name from the Portuguese, Flaminken" (V.R.V. XIV, p. 103, vert. van Prof. Farrington).
Description: