ebook img

tydskrif vir nederlands en afrik aans 15de jaarg ang nr . 2 2008 PDF

165 Pages·2011·1.01 MB·Afrikaans
by  
Save to my drive
Quick download
Download
Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.

Preview tydskrif vir nederlands en afrik aans 15de jaarg ang nr . 2 2008

TT..NN&&AA ARedaksioneel A Ronel Foster, Gasredakteur 1 8 Die verhale in en om die verse, met spesifieke 0 0 verwysing na “Het stuwmeer” van Willem van Toorn 2 2 Heilna du Plooy 3 . R N C. Louis Leipoldt en J. Slauerhoff se reisgedigte oor G die Ooste N & &Johann Lodewyk Marais 26 A G R Migrante- of verplasingspoësie in Nederlands en A Afrikaans, met spesifieke verwysing na gedigte van A Mustafa Stitou en Sydda Essop E J Ronel Foster 57 D 5 1 “vZerow heerklpint gp ovëazni ed”i.e D veier lfiuesn vkasnie ’vna kni ntadal in die Renée Marais 88 S N N N A Humor in die geesgenootlike kinderpoësie van Annie A M.G. Schmidt en Philip de Vos – boeiend tot in die K fyn grein van die taal RI Betsie van der Westhuizen 116 F A N “In de trein naar het diepe Kaapstad”.1 De maiden trip van E Vlaams literair ambassadeur Karel Jonckheere in Zuid- S Afrika: een reconstructie D N Yves T’Sjoen 138 A L . R . E D T T E N R I V F Piet Grobler, titelblad-illustrasie uit Die Spree met foete, I Afrikaanse verwerkings van Annie M. G. Schmidt-verse, Human R K & Rousseau 2002. S D TYDSKRIF VIR NEDERLANDS EN AFRIKAANS Y T 15DE JAARGANG NR. 2 2008 TYDSKRIF VIR NEDERLANDS EN AFRIKAANS 15DE JAARGANG NR. 2 2008 Redaksioneel Ronel Foster, Gasredakteur 1 Die verhale in en om die verse, met spesifieke verwysing na “Het stuwmeer” van Willem van Toorn Heilna du Plooy 3 C. Louis Leipoldt en J. Slauerhoff se reisgedigte oor die Ooste Johann Lodewyk Marais 26 Migrante- of verplasingspoësie in Nederlands en Afrikaans, met spesifieke verwysing na gedigte van Mustafa Stitou en Sydda Essop Ronel Foster 57 “Zo helpt poëzie.” Die funksie van taal in die verwerking van die verlies van ’n kind Renée Marais 88 Humor in die geesgenootlike kinderpoësie van Anna M.G. Schmidt en Philip de Vos – boeiend tot in die fyn grein van die taal Betsie van der Westhuizen 116 “In de trein naar het diepe Kaapstad”. De maiden trip van Vlaams literair ambassadeur Karel Jonckheere in Zuid-Afrika: een reconstructie van Tjalie Robinson Yves T’Sjoen 138 ******* Redaksioneel Ronel Foster Hierdie uitgawe van T.N&A is die tweede oor ontwikkelinge in en verbande tussen die Afrikaanse en Nederlandstalige poësie en poësiesisteme (die vorige uitgawe was nommer 2 van die 13de jaargang, 2006). Hierdie artikels verskyn ook in 2009 in die vakwetenskaplike boekpublikasie Over grenzen / Oor grense, met as redakteurs Ronel Foster, Yves T’Sjoen en Thomas Vaessens. Heilna du Plooy se artikel handel oor narratiwiteit in die Afrikaanse en Nederlandstalige poësie. Sy ondersoek die verteltegnieke in onder meer Komas uit ’n bamboesstok van D.J. Opperman, Die burg van hertog Bloubaard van H.J. Pieterse en Lady Anne en Kleur kom nooit alleen nie van Antjie Krog. As sentrale teks bespreek sy die Nederlandse digter Willem van Toorn se gedigsiklus “Het stuwmeer” uit sy gelyknamige bundel van 2004. Johann Lodewyk Marais bespreek die oorsprong en aard van C. Louis Leipoldt (1880-1947) en J. Slauerhoff (1898-1936) se reisgedigte oor die Ooste en wys op die ooreenkomste en verskille tussen hulle. Albei hierdie digters het ’n waardevolle en beduidende bydrae gelewer tot die Afrikaanse en Nederlandssprekende wêreld se verstaan van die destydse Verre Ooste. Ronel Foster stel ondersoek in na die verskynsel van migrantepoësie in die Nederlandstalige en Afrikaanse literêre sisteme. ’n Oorsig van verskillende definisies en tipologieë betreffende die sogenaamde verplasingsliteratuur word gebied, gevolg deur ’n bespreking van enkele herinneringsteorieë. As voorbeeldtekste word gedigte van Mustafa Stitou en Sydda Essop benut. Renée Marais ondersoek die funksie van taal in die verwerking van die verlies van ’n kind in voorbeelde van elegiese poësie. Sedert die Oudheid is daar ’n sterk tradisie van elegiese tekste in die Westerse letterkunde waarin plegtige lamentasies oor die dood, die afgestorwene, rou en verlies voorkom. Tekste wat betrek word, omvat nie net verse deur bekende digters soos Vondel, Totius, Enquist en Thomése nie, maar ook werk van nieliterêre skrywers. Teenoor elegiese poësie, skryf Betsie van der Westhuizen oor humor as biografiese element in die geesgenootlike verse van Annie M.G. Schmidt en Philip de Vos. Daarvoor put sy uit die versamelbundels Ziezo: 347 kinderversjes (1987) en Mallemeuleman (2004). Tot slot is daar ’n artikel deur Yves T’Sjoen wat handel oor Karel Jonckheere se reis na Suid-Afrika in 1948 en sy ontmoeting met onder andere N.P. van Wyk Louw en D.J. Opperman. Die reis word met behulp van Jonckheere se memoires gerekonstrueer. Jonckheere se bekritiseerde redakteurskap van Standpunte kom met behulp van oorgelewerde briewe van Louw en Opperman uit die Dokumentasiesentrum in Stellenbosch aan bod. Hartlike dank aan al die binne- en buitelandse keurders; aan Elbie Adendorff, projeksekretaresse; aan Madelein du Plessis, teksversorger; aan Christa van Zyl, grafiese ontwerper; en aan Human & Rousseau vir die toestemming om die afbeelding op die voorblad te gebruik. Universiteit van Stellenbosch 1 Redaksioneel Ronel Foster Hierdie uitgawe van T.N&A is die tweede oor ontwikkelinge in en verbande tussen die Afrikaanse en Nederlandstalige poësie en poësiesisteme (die vorige uitgawe was nommer 2 van die 13de jaargang, 2006). Hierdie artikels verskyn ook in 2009 in die vakwetenskaplike boekpublikasie Over grenzen / Oor grense, met as redakteurs Ronel Foster, Yves T’Sjoen en Thomas Vaessens. Heilna du Plooy se artikel handel oor narratiwiteit in die Afrikaanse en Nederlandstalige poësie. Sy ondersoek die verteltegnieke in onder meer Komas uit ’n bamboesstok van D.J. Opperman, Die burg van hertog Bloubaard van H.J. Pieterse en Lady Anne en Kleur kom nooit alleen nie van Antjie Krog. As sentrale teks bespreek sy die Nederlandse digter Willem van Toorn se gedigsiklus “Het stuwmeer” uit sy gelyknamige bundel van 2004. Johann Lodewyk Marais bespreek die oorsprong en aard van C. Louis Leipoldt (1880-1947) en J. Slauerhoff (1898-1936) se reisgedigte oor die Ooste en wys op die ooreenkomste en verskille tussen hulle. Albei hierdie digters het ’n waardevolle en beduidende bydrae gelewer tot die Afrikaanse en Nederlandssprekende wêreld se verstaan van die destydse Verre Ooste. Ronel Foster stel ondersoek in na die verskynsel van migrantepoësie in die Nederlandstalige en Afrikaanse literêre sisteme. ’n Oorsig van verskillende definisies en tipologieë betreffende die sogenaamde verplasingsliteratuur word gebied, gevolg deur ’n bespreking van enkele herinneringsteorieë. As voorbeeldtekste word gedigte van Mustafa Stitou en Sydda Essop benut. Renée Marais ondersoek die funksie van taal in die verwerking van die verlies van ’n kind in voorbeelde van elegiese poësie. Sedert die Oudheid is daar ’n sterk tradisie van elegiese tekste in die Westerse letterkunde waarin plegtige lamentasies oor die dood, die afgestorwene, rou en verlies voorkom. Tekste wat betrek word, omvat nie net verse deur bekende digters soos Vondel, Totius, Enquist en Thomése nie, maar ook werk van nieliterêre skrywers. Teenoor elegiese poësie, skryf Betsie van der Westhuizen oor humor as biografiese element in die geesgenootlike verse van Annie M.G. Schmidt en Philip de Vos. Daarvoor put sy uit die versamelbundels Ziezo: 347 kinderversjes (1987) en Mallemeuleman (2004). Tot slot is daar ’n artikel deur Yves T’Sjoen wat handel oor Karel Jonckheere se reis na Suid-Afrika in 1948 en sy ontmoeting met onder andere N.P. van Wyk Louw en D.J. Opperman. Die reis word met behulp van Jonckheere se memoires gerekonstrueer. Jonckheere se bekritiseerde redakteurskap van Standpunte kom met behulp van oorgelewerde briewe van Louw en Opperman uit die Dokumentesentrum in Stellenbosch aan bod. Hartlike dank aan al die binne- en buitelandse keurders; aan Elbie Adendorff, projeksekretaresse; aan Madaleine du Plessis, teksversorger; aan Christa van Zyl, grafiese ontwerper; en aan Human & Rousseau vir die toestemming om die afbeelding op die voorblad te gebruik. Universiteit van Stellenbosch TYDSKRIF VIR NEDERLANDS & AFRIKAANS: 15DE JAARGANG (2008) II: 2 2 3 Die verhale in en om die verse, met spesifieke verwysing na “Het stuwmeer” van Willem van Toorn Heilna du Plooy This article presents some of the results of an investigation of the ways in which narrative strategies and techniques are employed in contemporary poetic texts. The research is not directed at epic poetry as such, but concerns itself with the innovative and subtle use of narrative in poems which would primarily be regarded as lyrical. The aim of the research is to describe, analyse and interpret the complexity and variety of poetic texts in which manifestations of the “narrative turn” can be discerned, focussing on the way in which the lyrical and narrative modes are used simultaneously to enhance poetic tension in the poems. The narrative aspects of poems and volumes of poetry of several Afrikaans poets are discussed in the first part of the article while the second part of the article is devoted to a detailed analysis of the narrative aspects of the cycle of poems, “Het stuwmeer”, by the Dutch poet Willem van Toorn. 1. Inleiding Die verhouding tussen die liriek, epiek en dramatiek is in die geskiedenis van die literatuur en die literatuurstudie op baie verskillende maniere omskryf. Dit vorm immers die grondslag van die basiese genre-onderskeidinge waarmee daar tradisioneel gewerk is en wat in die praktyk van die literatuurstudie steeds geld (vergelyk Van Gorp et al., 1991: 158). Desnieteenstaande vertoon baie literêre tekste die inherente onskeibaarheid van die liriese, die epiese en die dramatiese as denkmodusse en in spesifieke gevalle ook van teksstyle, omdat in die praktyk verskeie tegnieke en style in al die verskillende genres gebruik word. Die vermenging van genre-eienskappe en -tegnieke geskied egter telkens op ’n eiesoortige manier wat by ’n bepaalde teks aanpas en inpas, ’n verskynsel waarna Wolfgang Kayser (1967: 60) al verwys het en waarna Van Gorp (1991: 159) ook eksplisiet verwys. ’n Oorbekende voorbeeld is die klassieke en Middeleeuse eposse en dramas wat verhalende tekste is, wat verhale vertel en opvoer of dramatiseer, maar tekstueel die poëtiese vorm gebruik met versreëls, ritme en rym (Aristoteles in De Kock en Cilliers, 1991: xxii-xxv; Abrams, 1981: 50; Cloete, 1991: 80, 102; Lind, 1998: 324, 327). Aan die ander kant word daar in die postmodernistiese literatuur dikwels verwys na “poëtiese” romans, wat nie in versvorm geskryf is nie, maar wat wel eerder ’n ruimtelike as ’n temporele vertelstyl gebruik en sterker steun op metaforiese koherensie as op die temporele voortstuwing van ’n sterk lyn van gebeurtenisse (vergelyk Van Schalkwyk, 1998: 137-138). In hierdie artikel word aandag gegee aan die verskynsel dat moderne poëtiese tekste (modernistiese en postmodernistiese tekste) wat primêr as liries beskryf sou kon word, ook op vindingryke maniere narratiewe tegnieke en strukture inkorporeer. Dit gaan dus nie om epiese poësie nie, maar om die subtiele wyse waarop ’n verskeidenheid narratiewe eienskappe in liriese poësie gebruik (kan) word. Die doel van die ondersoek is om sinvolle gevolgtrekkings te kan maak aangaande die kompleksiteit van tekste wat sowel die liriese as die narratiewe modusse gebruik en uitbuit om sodoende boeiende vorme van binnetekstuele spanning sowel as buitetekstuele relevansie te bewerkstellig. TYDSKRIF VIR NEDERLANDS & AFRIKAANS: 15DE JAARGANG (2008) II: 2 4 Daar word eers na drie voorbeelde uit die Afrikaanse literatuur gekyk en daarna word die narratiewe aspekte van “Het stuwmeer” van Willem van Toorn uitvoeriger bespreek. 2. Die narratief in die Afrikaanse poësie In Afrikaans is daar baie narratiewe of epiese gedigte, versreekse of ander langer tekste wat sekerlik ’n verband vertoon met die voorliefde vir vertel wat in die Afrikaanse kultuur en literatuur opgemerk kan word, ’n eienskap wat selfs deur Etienne Leroux herken (en betreur!) is (Leroux, 1971: 57). Dit is egter juis nié tekste soos Martjie van Jan F.E. Celliers, die versdramas van N.P. van Wyk Louw en D.J. Opperman of selfs ballades en eksplisiet verhalende gedigte, soos byvoorbeeld die gedigte in die mooi bundel verhalende verse Die tweede gerf – Stories op rym saamgestel deur Pieter W. Grobbelaar (2003), waarop ek die aandag wil vestig nie. Dit gaan om liriese verse, versreekse en bundels waarin die narratief ’n sekondêre instrument word in ’n gedig wat nie primêr verhalend is of ten doel het om ’n verhaal te vertel nie. In die Afrikaanse literatuur is daar verskeie prominente digbundels wat juis die aandag op hierdie verskynsel vestig, bundels waarin narratiewe tegnieke of narratiewe as sodanig gebruik word om die liriese of poëtiese aard van die gedig te dra, te ondersteun of uit te bou. Die volgende bundels kan onder meer in hierdie verband genoem word: In Komas uit ’n bamboesstok van D.J. Opperman (1979) gebruik die digter1 twee geskiedenisse as stramien en as ’n soort metaforiese arsenaal vir die verslag van die persoonlike reise van sy lewe. Deur eksplisiete aanduidings op die titelblad en die verwerkte foto en onderskrif op die blad teenoor die titelblad, bring die digter die verhale van Bontekoe en Marco Polo die bundel binne. In haar boek Kolonnade maak Lina Spies (1992: 156-253) ’n uitvoerige analise van Komas uit ’n bamboesstok (1979) waaruit duidelik blyk hoe die geskiedenisse en oorvertellings van Bontekoe en Marco Polo as verhalende intertekste metafories ontgin word. Die bundel is duidelik outobiografies maar dit gaan om ’n digterspersoonlikheid binne die teks. In sewe “boekrolle”, voorafgegaan deur ’n “Proloog” en afgesluit met ’n “Epiloog”, rekonstrueer die digter kerngebeure en belangrike momente in ’n hele lewensverloop (Spies, 1992: 19-20, 167-168). Die lewe word voorgestel as ’n reis, en die verslag van die siekte word ook aangebied as ’n reis deur die ongekaarte streke van die gees. Die ontdekkingsreise van Bontekoe en die rampsalige skipbreuk word indirek metafoor vir onder meer die skipbreuk van die digter se gesondheid. Die uitgesmokkelde sywurmpapies in die bamboes waarmee Marco Polo terugkeer na Italië word indirek metafoor vir onder meer die verse wat die digter uit sy komas saambring. Daar is dus duidelik in die bundel narratiewe lyne: die konstruksie van ’n lewensverhaal deur die poëtiese representasie van opeenvolgende geselekteerde elemente uit die digter se lewensgeskiedenis en veral die aanloop tot, die verloop en afloop van die komas waarin die digter geraak het as gevolg van lewerversaking. Bekende geskiedenisse of narratiewe word as intertekste gebruik om die metaforiese moontlikhede van die verse uit te brei. Die geskiedenisse van Bontekoe en Marco Polo word verder gebruik as jukstaponerende verhale wat aan aspekte van die digter 5 se eie verhaal en die swaar verworwe insig in sy eie lewe reliëf gee en dus deel vorm van die komplekse stelsel van motiewe, gestaltes en beelde as werktuie en poëtiese vooropstellingstegnieke in die bundel. Die gebruik van sulke figure en verhale sluit aan by D.J. Opperman se voorkeur vir gestaltepoësie in sy hele oeuvre. In hierdie soort poësie gaan die persoon, die gedagtes en insigte van die digter (en selfs van die werklike persoon) agter gestaltes skuil (vergelyk Kannemeyer 1983: 95; Spies 1992: 22). Soos wat gestaltes en natuurdinge motiewe word wat in individuele verse ontgin word, word vertellings en oorvertellings in die bundel Komas uit ’n bamboesstok as uitgebreide motiewe gebruik binne ’n poëtika wat by voorkeur van ’n “fluit” gebruik maak, die figuurlike fluit waarvan Nijhoff in sy bekende essay, “De pen op papier”, praat. In Die burg van hertog Bloubaard gebruik H.J. Pieterse (2000) ’n soortgelyke tegniek, hoewel hierdie bundel stilisties baie verskil van die werk van Opperman. Die digter gebruik die legende van hertog Bloubaard as interteks, spesifiek die variant wat in die opera van Bela Bartok uitgebeeld word, om verskillende aspekte van die verlies en afskeid van die geliefde vrou (vroue) te ondersoek (Du Plooy, 2006: 409-427). Ek haal aan (Pieterse, 2000: 89): Deur droomgange soek julle elke nag na sleutels van my gegrendelde kamers. My kasteel se mure sug sonder ophou die lae bloedtoon van ’n eerste lied min gheselle chumet niet. Die verse in Die burg van hertog Bloubaard is bedrieglik helder en eenvoudig in styl en formulering, voortreflik afgerond wat betref ritme en klank. Die rykheid en kompleksiteit van die bundel word opgebou deur die metaforiese ontginning van elemente uit die Bloubaardlegende wat kaleidoskopies rondgeskuif word in verskillende kombinasies. Daar is duidelike onderlinge verbande tussen die gedigte wat heen en weer op mekaar inspeel sodat betekenis in lae opgebou word, sodat betekenis agter betekenis agter betekenis skuil (Du Plooy, 2006: 422). Hier kom dit dus weer voor dat die bekende verhaal, die legende van Bloubaard, as ’n uitgebreide metafoor funksioneer en aan die digter ’n metaforiese woordeskat en ’n stel potensiële beelde verskaf waarop en in terme waarvan hy kan improviseer. Gedigte dra titels soos “Bloubaard verwelkom sy vrou”, “Droom van Bloubaard se vrou”, “Rei van my vrouens” en “Bloubaard se muistoring”, maar die burg word ook ’n skuiling van papier, die burg word die bundel, die poësie self (Pieterse, 2000: 18): Jy was reg: daar bly min vir ons oor hier. Ek trek my terug in my burg van papier. Die Bloubaardlegende word aangevul deur ’n verdere ryk verwysingsveld van figure en plekke en kunsvorme wat in die gedigte metafore word vir die komplekse prosesse van verwerking wat die digter deurleef. Die verwysings betrek onder meer Tibettaanse 6 figure (“Atisja en Dharmakirti”), Indiese danse en musiek (“Ra-ga”), komponiste soos Sibelius (“Swanesang”) en Middeleeuse figure soos Hildegard van Bingen (“Sinfonia”) (Du Plooy, 2006: 423). Nogtans is daar ’n sterk voorkeur vir die verhale agter en om die figure wat in die gedigte voorkom: die verhaal van die ontmoeting van Sibelius en sy vrou, die anekdote van die vispreek van Antonius van Padua, die verloop van die laaste fase van die lewe van Hildegard van Bingen. Die burg van hertog Bloubaard is ’n ryk bundel waarin gedagtegang en tegniek, vormgewing en emosionele deurleefdheid mekaar feilloos vind (Du Plooy, 2006: 424). Die onderliggende verhale wat metafories gebruik word, is een van die sterkste bindingsmiddele in die bundel, maar is ook medewerksaam in ’n proses waardeur betekenis soos weerkaatsing op weerkaatsing in woorde gevang word. Vir die digter is die verse self soos water, waarin die weerkaatsings onbepaalbaar diep lê (Pieterse, 2000:17): Ek kyk af in ’n grag met swane en dink hoeveel dieper weerkaatsings as water is. Die derde digter wie se werk hier genoem moet word en wat op veelvuldige maniere die narratief as ’n poëtiese middel ontgin, is Antjie Krog. Die bundel Lady Anne (1989) kan inderwaarheid as ’n roman op rym gelees word. Daar is verskillende verhaallyne wat regdeur die bundel nagetrek kan word: die verhaal van lady Anne Barnard se reis na en verblyf in Afrika wat in haar dagboek opgeteken is en wat deur die digter ondersoekend gelees en aanvanklik bewonderend en later toenemend krities “berym” word; die verhaal van die politieke situasie in Suid-Afrika in die tagtigerjare van die twintigtse eeu; die verhaal van die ontstaan van die bundel; die verhaal van die digter, “Antjie”, as digter en ma en Suid-Afrikaner en haar verhoudinge met die historiese figuur van lady Anne (vergelyk Minnie, 1992). Die onderliggende verhale en verhaallyne kompromitteer nie die poëtiese gehalte van die gedigte of die gedigte as sodanig nie, maar verleen ’n binding en toenemende intensiteit aan die bundel sodat die betekenisse van die individuele gedig in ’n klankkamer of eggogrot sterker spreek. In Kleur kom nooit alleen nie (Krog, 2000) ontgin die digter weer eens die narratief, maar meer eksplisiet en op veelvuldige maniere: Die titel suggereer ’n onderliggende verhaal; die foto’s op die voorblad en die agterblad suggereer ’n reis; die afdelings in die bundel (“Mondweefsel”, “Wondweefsel”, “Sgraffito” en “Bindweefsel”) suggereer ’n progressie wat as ’n verhaal gelees kan word; daar is die onderafdelings soos “ses narratiewe uit die Richtersveld” en daar is die dagboekverse en opgetekende oorvertellings soos “Samba Diam Werdi – opgeteken langs die Niger”. Uiteindelik is die bundel in sy geheel ’n polifoniese teks waarin baie stemme meespreek. Ek gebruik doelbewus die term polifonie of meerstemmigheid, omdat dit die eienskap is waarmee Bakhtin (1984: 60) die voortreflikheid van Dostojewski se romans omskryf en ek daarmee klem wil plaas op die feit dat die bundel ook in dié opsig met narratiewe tekste in verband gebring kan word (vergelyk ook Du Plooy, 1990: 4-5). Daar kan aangetoon word dat die digter verhale en narratiewe strategieë op ’n 7 verskeidenheid maniere gebruik (vergelyk Du Plooy, 2004) en dat dit nie net die bundel kenmerk en saambind nie, maar dat sy daarmee die geldigheid van verskillende belewenisse van die Suider-Afrikaanse geskiedenis en werklikheid aan die orde wil stel, d.w.s. dat sy die “klein geskiedenisse” plaas teenoor en in die plek van die meesternarratiewe wat ongeldig en gestigmatiseer geraak het (vergelyk Taljard, 2007: 134-141). Die werkwyse as sodanig maak implisiet die stelling dat menslike belewenis altyd deel van ’n deurlopende verhaal is. Selfs gedigte wat nie ’n verhaal vertel nie, funksioneer as die uitbeelding van ’n kernmoment of gebeurtenis of insig wat in ’n groter gesuggereerde of veronderstelde verhaal inpas. Die werkwyse in hierdie bundel sluit verder eksplisiet aan by die sterk orale verteltradisie wat eie is aan die inheemse kulture van Suid-Afrika sodat die poëtiese tegniek die bundel ook ideologies duidelik merk. In “narratief van die parkboer” vertel oom Jakobus de Wet die verhaal van sy grond met die herhaling van die mees tradisionele frase waardeur natuurlike vertellinge gekenmerk word: “toe vra ek …”, “toe sê hulle …”, “sê ek weer …”, “toe sê hulle …”, “toe sê ons …” (Krog, 2000: 22-26). In sowel Lady Anne as in Kleur kom nooit alleen nie is daar ook die onderliggende verhaal van Krog se voortgaande gesprek met voorgangerdigters, veral N.P. van Wyk Louw, soos duidelik blyk uit onder meer ’n vergelyking tussen Louw se “Groot ode” in Tristia en Krog se “Skryfode” in Kleur kom nooit alleen nie. Die gevolgtrekking kan gemaak word dat Krog die samebindende werking van die narratiewe strukture en die beswerende krag van die poëtiese segging gelyktydig gebruik en uitbuit om ’n buitengewoon sterk stelling te maak wat teksintern die poëtiese digtheid van die verse intensiveer, maar wat ook resoneer met verhale buite die teks sodat die bundel groter aktuele waarde en ideologiese relevansie verkry, sekerlik een van die sterkste karakteriserende eienskappe van Krog se oeuvre. Sonder om dieper daarop in te gaan, kan hier ook genoem word dat die werk van kontemporêre jonger digters soos Charl Pierre Naudé en Danie Marais ’n steeds sterker wordende narratiewe aard en styl vertoon. In die Nederlandse literatuur kan dieselfde verskynsel opgemerk word in die werk van Robert Anker, Tomas Lieske, Willem van Toorn en Eva Gerlach, om slegs enkeles te noem.2 3. Teoretiese begronding Die sterker aanwesigheid van narratiewe inhoude en strategieë in die poësie is tans ’n internasionale verskynsel. Frederick Feirstein, ’n Amerikaanse psigoanalitikus en digter, omskryf hierdie verskynsel as ’n vernuwingstrategie in kontemporêre Amerikaanse poësie. Volgens Feirstein (1998: 255) het die modernistiese poëtiese tradisie uitgedien geraak: In the latter part of this century [the twentieth century – H.d.P.] when modernism in the hands of its imitators became dogma rather than adventure, and academic literary criticism became politicized, the techniques of rhyme and meter, like the genres of narrative and dramatic poetry, fell into disrepute. Volgens Feirstein het hierdie “uitputting” van modernistiese konvensies die weg gebaan

Description:
In “Het doode Macao” in Soleares (1933) daar by Stitou van meet af aan 'n sterk kritiese en skeptiese ingesteldheid teenoor sy land Just four hours later, I was to return home, without my precious little girl. verschenen, later gebundeld in Kongo zonder buks of boy (1957).7 Na zeventien
See more

The list of books you might like

Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.