Description:Maak só om konneksie met jou kind te versterk
Voel jy soms asof jy op ’n emosionele wipplank ry? Die een oomblik lag jy saam met jou kind en kan jy nie help om te dink dat hy die oulikste ding in die wêreld is nie. Die volgende oomblik voel dit of jy sy nek wil omdraai!
Ouerskapstyle het dramaties verander in die afgelope paar dekades. Die opinies, raad en advies oor die beste manier van kinders grootmaak verander gedurig.