ebook img

onderwys aan die kaap onder die kompanjie, 1652-1795. PDF

343 Pages·2013·16.21 MB·Afrikaans
by  
Save to my drive
Quick download
Download
Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.

Preview onderwys aan die kaap onder die kompanjie, 1652-1795.

ONDERWYS AAN DIE KAAP ONDER DIE KOMPANJIE, 1652-1795. 'N KUL TUUR-HISTORIESE STUD IE. DEUR P. S. DU TOIT, M.A., D.Phil. (Stell.) Proefskrif goedgekeur vir <1H}-"'I:raii,!1,,1JOC1tor aan die U niversitei~t~v;a.fl--':St;ellenl)osch. Promotor: Prof. dr. H. B. Thorn. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za VOORWOORD. Wat die leser hiermee aangebied word het aan die einde van 1936 gedien as 'n proefskrif ter verkryging van die graad D.Phil. in G!')skiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch. Die werk soos hier gepubliceer, verskil slegs in 'n geringe mate van wat dit oorspronklik was. 'n Paar byvoegings is gemaak om verder lig te werp op sekere sake, terwyl drie kaarte ingesluit word om die uitbreiding van die kolonie te verduidelik. Hierdie kaarte kan met vrug by die text geraadpleeg word. Die feit dat dit as 'n proef skrif geskrywe is hoe£ niemand af te skrik nie want ek het deur gaans getrag om dit ook vir die gewone leser belangwekkend en lesenswaardig te maak. Dit sou onnodig wees om hier uitvoerig die belangrykheid van die Geskiedenis van die Onderwys, asook die plek daarvan in die Al gemene Geskiedenis aan te dui. 'n Paar gedagtes in hierdie verband sal egter nie onvanpas wees nie. Verskillende skrywers het verskillende interpretasies gegee van wat die eintlike onderwerp van die Geskiedenis van die Onderwys uitmaak. So is nog tot onlangs die beskouing gehuldig dat dit die geskiedenis van groot opvoedkundiges, hulle lewe en werke, moet weergee. Met dit as uitgangspunt is egter nie 'n goeie insig in sake te verkry nie en is die voorstelling noodwendig eensydig. Vir die opvatting dat dit 'n geskiedenis van pedagogiese stelsels is, is miskien meer te se. As hierdie stelsels egter op hulself bly staan en hulle samehang met allerhande ander faktore, met filosofie en godsdiens, met die hele strewe en lewe van die mensheid of ten minste van 'n groot groep van mense, nie gesien word nie, bring dit egter ook nie perspektief nie. Die Geskiedenis van die Onderwys moet dus meer gesien word as 'n uiteensetting van pedagogiese denke en doen as 'n deel van 'n groot organiese geheel: die alge mene kultuurgeskiedenis van die mensheid. Die Geskiedenis van die Onderwys is inderdaad, of moet altans wees, kultuurgeskiedenis. 'n Skrywer het tereg oor die verhouding tussen die Ge8kiedenis van die Onderwys en Kultuurgeskiedenis in die algemeen as volg geskrywe: ,Niets hangt zo innig samen met de verschillende drijvende en remmende krachten die het leven van een volk bepalen, als zijn opvoedingswezen .... met de geschiedenis der totaal kultuur is de geschiedenis der opvoeding organies en onaf scheidelik verbonden."1 Tussen opvoeding en kultuur bestaan dan ook 'n voortdurende wisselwerking en wedersydse bei"nvloeding, en in die een is soms soos in 'n spieel die beeld waar te neem van die ander. 'n Ander 1 Rombouts, F. S., Hi8torie8e Pedagogiek, I, p. 2. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za vi VOORWOORD. skrywer het die plek vitn die Geskiedenis van die Onderwys in die Algemene Geskiedenis as volg uitgedruk : ,The history of Education is involved in the general history of the world .... the history of the education of a people is not the history of its schools, but the history of its civilisation."• Dit is my doel om, gedagtig hieraan, ook nie hierdie wisselwerking uit die oog te verloor nie. Ek bepaal my dus nie by 'n behandeling van ,skole" en suiwer ,onderwyssake" nie, maar dui waar nodig ook algemene kultuur- en beskawingstoestande aan. Die tydperk onder behandeling is as die peri ode in ons geskiedenis waarin die fondamente gele is seker van geen geringe belang nie, ook wat betref 'n studie van die Geskiedenis van die Onderwys in Suid-Afrika in die besonder. Die laaste helfte van die 17de eeu, sowel as die 18de eeu, mag met 'ri sekere mate van reg beskou word as die ,donker tyd" van die onderwys in Suid-Afrika, en wel gedeeltelik omdat daar gedurende daardie jare .,n groot onkunde en gebrek aan kennis by 'n groot gedeelte van die bevolking bestaan het, maar miskien hoofsaaklik omdat so min rakende die destyds heersende onderwystoestande bekend is. Tog moet hierdie periode nie as onbelangryk oor die hoof gesien word nie en verdien dit meer speciaal ons aandag omdat dit, soos Malherbe dit uitgedruk het, moet beskou word ,as the dark night in which the South African nation had its birth".3 Die doel van hierdie verhandeling is dan om meer lig te bring in die duisternis van onkunde aangaande die saak onder behandeling. Waar getrag sal word om die saak ,in al sy aspekte" te behandel, daar word as uitgangspunt geneem die werk van baanbrekers en die langsame begin, om daarna die ontwaakte_ besef by die owerhede van die belangrykheid van die opvoeding van die jeug aan te toon, totdat dit behartig is deur 'n speciale liggaam wat uiteindelik bedrywig was in die bevordering van die belange van die hoogs belangryke saak van die onderwys. Omdat 'n gebied betree word wat tot sover nog vrywel onont gonne was, val daar natuurlik nie 'n lang lys van werke wat reeds die onderwerp in sy geheel of wel gedeeltelik dek, te vermeld nie. As vernaamste werk in hierdie opsig geld nog steeds Malherbe se Education in South Africa (1652-1922). Hoewel hy beslis baan brekerswerk verrig het, was sy hestek egter te groot om veel in besonderhede te gaan. Ook het hy, soos hy in sy voorwoord self aandui, klem gele op een aspekt van die wye veld, nl. die van die onderwyskontrole, of soos hy dit stel: ,The Development of Educational Administration". In een enkele hoofstuk het hy hierdie saak vir soverre dit betrekking het op die bewind van die Kompanjie aan die Kaap, afgehandel. Waar hy self se werk beskou as ,by no means a history of South African Education in all its aspects", maar slegs as ,a preliminary to such a book as yet un written", daar word hierdie werk in aile beskeidenheid aangebied • L::mrie, S. S., Historical Survey of Pre-Christian Education, p. l. a Malherbe, E. G., Education in South Africa (1652-1922). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za VO"ORWOORD. vii as die eerste hoofstuk in daardie ,boek" wat die onderwys ,in al sy aspekte" behandel. Heelwat later as Malherbe se lywige werk, en wei in 1934, het 'n tweede en veel kleiner werkie oor ons onderwysgeskiedenis verskyn, nl. die van M. E. McKerron, A History of Education in South Africa (1652-1932). Ook hierdie skryfster het dus die jare voor 1795 in behandeling geneem. Daar sy egter probeer het om die inmekaargevlegte drade van ons onderwysontwikkeling uitmekaar te haal en elkeen se verloop afsonderlik voor te stel, het sy nie aileen 'n verbrokkelde voorstelling gegee nie, maar haarself origens skuldig gemaak aan hinderlike herhalings-'n leemte wat uit die methode van behandeling vloei-en aan belangryke weglatings. Oor die jare voor 1795 gee dit beslis nie veel nie. Van die pen van E. Eybers het in 1925 in die Tydskrifvir Weten skap en Kuns 'n reeks artikels verskyn onder die hoof: Hoofstukke uit die Geskiedenis van Opvoeding en Onderwys in Suid-Afrika, waarin die skrywer in sy eerste vyf kort hoofstukkies sekere sake wat in ons verhandeling breedvoeriger behandel word, ter sprake gebring het. Hy gee egter net 'n baie vlugtige oorsig van die saak voor 1795 alvorens hy oorgaan tot 'n latere tyd. Speciale vermelding verdien die verdienstelike twee mono grafiee van dr. Franken en van dr. Hoge, wat in Julie 1934 in die Annale van die Universiteit van Stellenbosch verskyn het, te wete Huisonderwys aan die Kaap (1692-1732), en Privaatskoolmeesters aan die Kaap in die 18de Eeu, resp. Hierdie twee stukke vorm die enigste gepubliceerde werke waarin ten minste een aspekt van ons eintlike onderwerp enigsins volledig behandel word. Beide bring duidelik aan die lig die vernaamste aspekte· van een van die vorms van privaatonderwys wat in swang was, en verskaf ook so veel moontlik biografiese besonderhede oor indiwiduele gevalle van huisonderwysers wat onder hulle aandag gekom het. Dr. Hoge het sy werk in hierdie gees voortgesit en so pas het van hom verskyn, ook in die Annale van die Universiteit van Stellenbosch, 'n verdere verhandeling oor die saak: Privaatskoolmeesters aan die Kaap in die 17de en 18de eeu. Tweede Deel. Dan is daar nog 'n paar kleiner werkies en artikels wat ons volledigheidshalwe sl~gs in die verbygaan moet noem daar hulle skrywers baie vlugtig gestap het oor die jare 1652-1795 .. Hulle is nl. prof. G. G. Cillie, Die Onderwys aan die Kaap (in die Populair Wetenskaplike Leesboek, Dl. II), M. E. Martinius (tans mevr. McKerron), A Sketch of the Development of Rural Education (Euro pean) in the Cape Colony, 1652-1910, en prof. H. P. Cruse, Die Geskiedenis van Kleurling-onderwys in die Kaapprovinsie ('n referaat gelewer in 1934 in die Fakulteit van Opvoedkunde van die Uni versiteit van Stellenbosch in verband met 'n speciale reeks voor lesings oor Kleurlingopvoeding). Origens val nog te vermeld prof. Leo Fouche se referaat, Onze Eerste Sclwlen (in De Unie van Julie 1910), en die besonder verdienstelike Report of Education Commission, 1863. Laasgenoemde is 'n belangryke dokument in Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za viii VOORWOORD. ons onderwysgeskiedenis en is die vrug van die werk van 'n Kom missie van Ondersoek wat in 1861 aangestel is, onder leiding van Egidius Benedictus Watermeyer, as gevolg van die groot onte vredenheid met die destydse onderwystoestande. In hulle verslag het hulle nie alleen 'n oorsig gegee van die belangryke gebeurtenisse en stadiums van ontwikkeling wat in ons onderwyswereld ook die j aar 1795 voorafgegaan het nie, maar het dit ook vergeseld laat gaan van reproduksies, vertaald of andersins, van verskeie belang·· ryke onderwysdokumente, ook van voor 1795. Aangesien die genoemde werke uit die aard van die saak maar min gegewens vir hierdie studie opgelewer het, was ek daarvoor byna uitsluitlik afhanklik van primaire bronne, wat in die eerste instansie bestaan uit bestuurlike stukke wat hulle bevind in ver skillende archiewe, burgerlike sowel as kerklike, en in die tweede plek uit kontemporaire werke, wat hoofsaaklik bestaan uit reis beskrywings, waarvan die getal wat voor 1795 die lig gesien het, taamlik beperk is. Onderwysaangeleenthede het ·by hierdie skrywers slegs terloops vermelding geniet. Ten slotte is dit vir my aangenaam om die persone en liggame wat my by die navorsing en andersins behulpsaam was, te bedank. So is daar die personele van die verskillende bibliotheke in Suid Afrika, Nederland en Engeland, deur my besoek, asook die amb tenare van die Staatsarchie£ in Kaapstad, van die :Ryksarchie£ in Den Haag en van die verskillende private Kerkarchiewe ; die van die Klassis van Amsterdam, die Kerkarchie£ in Kaapstad, asook van 'n paar gemeentelike archiewe waaruit ek ook waarde volle gegewens oor die onderwys in die buitegemeentes gehaal het. Vir die kaarte wens ek my dank te betuig aan mnr. Eric Stocken strom van Stellenbosch. Ook betuig ek hiermee my dank aan mnr. N. van Blerk van Kaapstad en aan mnr. S. Bosman en mej. A. Smith van Stellenbosch wat my behulpsaam was in die nalees van die manuskript, die lees van die drukproef en die maak van die bladwyser, onderskeidelik. Verder is ek dank verskuldig aan die uitgewersfirma Juta en Kie., Bpk.; mag hulle onderne mingsgees beloon word en hulle voorbeeld navolging vind. 'n Speciale woordjie van ·dank ook aan die Bestuur van die Nederlandsch Zuid-Afrikaansche Vereniging, wat deur verlening van finansiele hulp, deur die Nederlandse Staat tot hulle beskikking gestel, my gedeeltelik in staat gestel het om met die oog op waanle volle aanvullende navorsingswerk verskillende Europese Archiewe en Bibliotheke te besoek. Meer in die besonder egter wens ek te bedank my promotor, prof. dr. H. B. Thom, aan wie ek veel dank verskuldig is. Nie aileen het ek van hom besieling ontvang nie, maar het hy baie daartoe bygedra om die nodige helderheid te vind en 'n duidelike voor stelling op te bou uit die massa van materiaal wat ek by die op-· stelling tot my beskikking gehad het ; sy sympathieke Ieiding was vir my onmisbaar. Ook aan hom dus my innige dank. Stellenbosch, December, 1937. P. S. du T. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za INHOUDSOPGA 'VE. VOORWOORD .. iii-Vj DEEL I. BAANBREKERS EN 'N LANGSAME BEGIN, 1652-1714. HooFSTUK I. Bladsy. ONDERWYS IN DIE MOEDERLAND EN IN DIE OOSTE 1-18 Belang hiervan 1 NEDERLAND .. 1-11 Onderwysbeheer-Verhouding tussen Kerk en Staat 1 Toelatingsexamen en formulier. 2 Leervakke en Leerboeke 3 Sedelike vorming en die Artikelbrief 5 Straf en tugmiddels 7 Orde in die klaskamer 8 Besoldiging van die meesters en bybaantjies 8 Verwaandheid van sommige onderwysers 9 Uitwendige teken van 'n skool .. 10 Lokale as skoolgeboue gebruik .. 11 Skoolgereedskap naas tugmiddelR 11 Algemene gevolgtrekking .. 11 NEDERLANDS-INDIE 11-18 Vroee aandag aan Onderwys 12 Die aandeel van die Kerk 12 Verhouding tussen Kerk en Staat 12 Die Kerkorder van Batavia, 1624 13 Die Kerkorder vir die Bataviase Gemeente, 1643 13 Die Skoolreglement vir die Indiese Skole, 1684 14 Die Onderwys van behoeftige en Slawekinders 16 Sieketrooster-Skoolmeesters 16 Die Latynse Skool op Batavia 17 Samev:ttting .. 18 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za X INHOUD, II. HooFSTUK Bladsy DIE EERSTE OPENBARE SKOLE VIR BLANKES AAN DIE KAAP 19-38 Vroegste Onderwys slegs godsdiensonderwys . . 19 Vertraging in stigting van eerste skool.. . . 19 Die Sieketrooster as Baanbreker aan die Kaap 23 Die Eerste Skool, 1663-Ernestus Back . . 24 Daniel Engelgraaf sy opvolger in 1665. . 27 Die Skoollokaal en Victor se skool 27 Bolten as Victor se opvolger . . . . . . . . 28 Kommissaris Verburch en die aan~telling van Wittebol as skoolmeester 28 Die toestand van die skool in 1679 28 Vooruitgang tydens Simon van der Stel 29 Eerste Kleinkinderskool . . 30 Betreurenswaardige toestand vroeg in l8de Eeu- ds. Le Boucq 31 Die Skool van Davenraad, volgens Kolbe 34 Die Onderwys van minderbevoorregte kinders 35 Samevatting. . 37 HooFSTUK III. DIE VROEGSTE ONDERWYS AAN NIE-BLANKES . . 39-50 Onderwys aan indiwiduele Hottentotte. . 39 Die Eerste Skool aan die Kaap, 1658-Pieter van der Stael 41 Van der Stael se kontrak hernu-die skool van 1661 42 Die skool van Ernestus Back, 1663 43 Die beweging tot skeiding tussen blank en nie-blank, 1676 43 Die aandeel van die Kerk-die doop van slawe 44 Die besoek van Van Rheede, 1685, en die Slaweskool 46 Slawe ook hande-arbeid geleer . . 49 f Die minder gunstige toestand van die skool in 1687 49 Gebrek aan leerkragte vroeg in l8de Eeu 50 Slotsom 50 HooFSTUK IV. ONDERWYS OP STELLENBOSCH EN IN DRAKEN STEIN:. 51-67 · Inleiding-Verspreiding van die Koloniste 51 DIE KERKSKOOL OP STELLENBOSCH 52-57 Die petisie van die inwoners, Sept. 1683 53 Die Eerste Skool-Sijbrand Mankadan .. 53 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za lNHOUD. XI Bladsy. Belangstelling van Simon van der Stel 53 Van Rheede se bevindings in 1685 54 'n Jaarlikse Kermis mi 1686 54 Mankadan se stryd met Heemrade en Kerkraad, 1688 55 Krankebesoeker Mahieu en verwaarlosing van die Onderwys 55 Bastiaan Cevaal as onderwyser tot· 1716 56 DIE FRANSE VLUGTELINGE IN DRAKEN- _ STEIN 57-66 Hulle plasing in Drakenstein 57 HuUe petisie om 'n Skool, 1688.. 58 Aanstelling van Paul Roux tot voorleser-skoolmeester 58 Die verspreid woon as belemmerende faktor by onder- wys-Hulle petisies tot samewoning 58 Die beleid van mortifikasie ook deur middel van ge- samentlike skole 59 Die Skool van Paul Roux ? 60 Die Skool van die twee talige N ederlandse kranke besoeker De Groot mi 1700 61 Tweetalige Hermanns Bosman in sy plek aangestel _. 64 Dood van Roux in 1723 . . 64 Invloed van Franse op Onderwys- en op Godsdienstige · gebied . . 66 * * * * * Samevatting .. 66 HooFSTUK V. BOERESKOOLMEESTERS .. . . 68-80 Die benaminge ,privaatonderwys" en ,privaatskole" verduidelik 68 Knegte in diens by vryburgers-ook as onderwysers 69 Die aangaan en die royeer van kontrakte 70 Vakke deur hulle onderwys 72 Waartoe onderwyser-knegte ook nog gebruik is 7.2 Hulle vergoeding en byverdienstes 73 Vroeere beroepe van sodanige onderwysers 75 Hulle skrif vergelyk met die van hulle werkgewers 76 Sommige word later dorpskoolmeesters 76 Andere sluit goeie huwelike en word welaf 76 Franse as huisonderwysers 77 Hulle betekenis 79 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za xii lNHOUD. DEEL II. VOORUITGANG EN DOELBEWUSTE HERVORMING, 1714-1782. HooFSTUK VI. Bladsy. HERVORMING VAN DIE ONDERWYSBEHEER : DE CHAV ONNES SE ORDONNANSIE, 1714 .. 83-93 POGINGS TOT HERVORMING VOOR 1714 .. '83-86 Gebrek aan kontrole oor die skole 8:3 ·Die bevindings en pogings van ds. Le Boucq 84 Die werk van Joan van Hoorn dienaangaande 85 DE CHAVONNES SE WET 86-89 Die noodsaaklikheid van 'n Onderwyswet 86 Die belangrykheid van goeie onderwysers 87 Toelatingsexamen en aanstelling .. 87 Verpligtinge van die onderwyser-godsdieusonderwys 87 Skoolboeke .. 81:! Register van Bywoning 88 Die uithang van 'n ,ordounantie" 88 Vakansies 88 Skoolgeld 88 Die instelling van Skolarche as skoolopsieners 89 Die ondertekening van 'n formulier deur onderwysers 89 Afkondiging van die wet deur openbare plakkaat 89 BESPREKING VAN DIE WET 89-93 Die Toelatingsexamen 90 Ondertekening van die formulier 90 Godsdiensonderwys en geleentheidsles;;ies !H Sedelike vorming en die ,Artikelbrief" !H Boeke te gebruik .. 92 Koedukasie, maar afsonderlik sit 92 Self waarneem en hoor van lesse 92 Straf .. 92 Vakansies 92 Salaris van onderwysers en bybaantjies 93 Skolarche as skoolopsiencrs 93 Slotopmerking 93 HOOFSTUK VII. DIE GOEDKEURING EN BENOEMING VAN ONDER- WYSERS .. 94-101 Onduidelikheid in De Chavonnes se wet i.v.m. waar- neming van die ondersoek . . 94 Skolarche sedert 1737 hierin geraadpleeg 95 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za INHOUD. xiii Bladsy. Die Rapport van die Skolarche van 1737 96 Die Ondersoek tussen 1743-1777 .. 97 W aatin sollicitante ondersoek is .. 99 Die herontwaking van die Skolarche sedert 1779 100 Samevatting 101 HooFSTUK VIII. SLICHER EN DIE LATYNSE SKOOL, 1714-1729 102-109 Slicher se loopbaan voor sy aankoms aan die Kaap 102 Die Latynse Skool, 1714 .. 103 Ondermeesters voor 1720 .. 104 Toestand van die skool in 1720 .. 105 Die status van die Rektor 106 Slicher se geneentheid tot sy vorige beroep 107 Aangestel tot tweede predikant in Kaapstad, 1723 108 Slicher se verdere loopbaan en sy dood in 1730 109 Voortsetting van die skool onder Hofman en Swoigne 109 HooFSTUK IX. DIE GEWONE OPENBARE LAER SKOLE 110-119 Die reg om skool te mag hou .. llO Vakke van onderwys llO Getal skole .. 113 Getal leerlinge en ondermeesters .. 115 Onderwysers se vorige beroepe .. ll7 Sommige beklee later beter betrekkinge 118 Hoe lank het die meesters skool gehou 1 118 Oortreding van De Chavmmes se wet 119 Slotsom 119 HooFSTUK X. DIE DIAKONIE EN DIE SKOOL VAN DIE SIEKE- TROOSTER 120-136 Fondse en die gewone alimentasie 120 Welke kinders deur die Diakonie gehelp is 121 Die geval van die kinders van Evert Colijn 122 Wat met sulke kiilders gedoen is 124 Die leerjongens nadat hulle hulle tyd uitgedien het .. 128 Sommige diakoniekinders word onderwysers 129 Die godsdiensonderrig van diakoniekinders 131 Die skool van die sieketrooster 134 Die skool vir bejaarde persone 136 Die Dessiniaanse Bibliotheek 136 Samevatting .. 136

Description:
en dikwels herdruk is. Die behandelde stof hierin het bestaan .. skry£ nie, en wat ,het lezen maar gebrekkig verstond." So het dit nog dikwels tot aal!
See more

The list of books you might like

Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.