Leota is 84 jaar oud en staan voor haar verwaarloosde tuin – ook die simbool van haar verwoeste verhoudings en jare se seer. Haar liefdevolle God en Vader bring hoop uit ’n onverwagse oord: ’n student wat dink hy het al die antwoorde en ’n kleindogter wat sy nooit gedink het sy sou ken nie. Maar het Leota genoeg tyd? Kan die skade wat familie-geheime aangerig het regtig betyds reggemaak word?