Die komponis Willem Mathlener: ’n katalogus en ’n bespreking van sy komposisies deur Jasper Lorin van der Walt ©© UUnniivveerrssiittyy ooff PPrreettoorriiaa Die komponis Willem Mathlener: ’n katalogus en ’n bespreking van sy komposisies deur Jasper Lorin van der Walt Voorgelê ter ver vulling van ’n deel van die vereistes vir die graad Magister in Musiek (Uitvoerende Kuns) Departement Musiek Fakulteit Geesteswetenskappe Universiteit van Pretoria Studieleier: Prof. W.D. Viljoen Desember 2014 ©© UUnniivveerrssiittyy ooff PPrreettoorriiaa ii Samevatting a) Titel: Die komponis Willem Mathlener: ’n katalogus en ’n bespreking van sy komposisies b) Kandidaat: Jasper Lorin van der Walt c) Studieleier: Prof. W.D. Viljoen d) Departement: Musiek e) Graad: Magister in Musiek (Uitvoerende Kuns) Die Nederlandsgebore orrelis, dirigent, musiekpedagoog, kerkmusikus en komponis, Willem Mathlener het ’n ryk nalatenskap op die gebied van orrelmusiek in Suid-Afrika gelewer. Hy is in 1909 in Delft, Nederland gebore en het hom tydens die dertiger- en veertigerjare as uitstaande orrelis en dirigent onderskei. Hy het die roeping van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Suid-Afrika ten einde die standaard van kerkmusiek in hierdie land te verhoog, opgevolg en in 1948 op 39-jarige ouderdom na Suid-Afrika geïmmigreer. Hy het hom as musiekonderwyser en orrelis in Vereeniging gevestig waarvandaan hy begin het om sy idees oor kerkmusiek binne sowel as buite die Nederduitsch Hervormde Kerk bekend te stel. Dit het gelei tot die totstandkoming van die Raad vir Kerkmusiek in 1951 en drie jaar later tot die stigting van die Kerkmusiekskool in Krugersdorp. Laasgenoemde instelling het sodanig uitgebrei dat dit in 1960 gelei het tot die ontstaan van die Konservatorium vir Musiek, Pretoria, die instansie waarmee Mathlener hoofsaaklik geassosieer word. Hy het sy beleid oor musiekopleiding wat voortspruit uit sy eie opleiding wat hy aan ’n Europese konservatorium ontvang het, by hierdie twee instansies geïmplementeer. As Sekretaris van die Raad vir Kerkmusiek het hy ’n wye invloed op die ontwikkeling en bevordering van kerkmusiek in Suid-Afrika gehad. Hy het meegewerk aan die samestelling van die Psalm- en Gesangeboek van 1978 deur ’n aansienlike aantal harmonisasies van Gesange vir hierdie bundel te voorsien. As orreladviseur het hy nagenoeg 200 orrels ontwerp. Mathlener se hoedanigheid as komponis het op ’n natuurlike wyse uit sy hoedanighede as kerkmusikus en pedagoog voortgespruit. Hy het orrelmusiek gekomponeer wat aanvullend tot die kerkorrelis se taak as begeleier gebruik kan ©© UUnniivveerrssiittyy ooff PPrreettoorriiaa iii word. Sy klaviermusiek voorsien aan die behoefte wat daar aan kort studiestukke vir klavieronderrig bestaan. Aangesien die oorgrote meerderheid van Mathlener se komposisies nie langer as 30 mate is nie, kan hy as ’n miniaturis beskou word. Sy koraalbewerkings toon oorwegend ’n diatoniese tonaliteit en ’n kontrapuntale tekstuur wat dit laat aansluit by die styl van musiek vir liturgiese gebruik. ’n Psalm- of Gesangmelodie vorm die basis vir die meeste van sy orrelmusiek. Met ’n werksuitset van 223 koraalharmonisasies,175 orrelwerke, 53 klavierwerke en 12 vokale werke het die behoefte ontstaan om ’n ordeningsisteem vir Mathlener se komposisies daar te stel. Sommige van die komposisies is in bundels gepubliseer en ander is losstaande, ongepubliseerde werke. Daar word met die katalogus gepoog om die komposisies van Mathlener logies te rangskik ten einde ’n geheelbeeld van die oeuvre van hierdie komponis te vorm, asook om ’n bruikbare verwysingsmiddel aan orreliste en ander belangstellendes te bied. Sleutelterme biografie katalogus kerklied klavierkomposisie Konservatorium vir Musiek in Pretoria koraalbewerking koraalmelodie koraalvoorspel liturgiese orrelmusiek Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika orrelis orrelkomponis orrelkomposisie orrelwerke psalm Raad vir Kerkmusiek Suid-Afrikaanse komponis Willem Mathlener ©© UUnniivveerrssiittyy ooff PPrreettoorriiaa iv Abstract a) Title: The composer Willem Mathlener: a catalogue and discussion of his compositions b) Candidate: Jasper Lorin van der Walt c) Tutor: Prof. W.D. Viljoen d) Department: Music e) Degree: Master of Music (Performing Art) The Dutch born organist, conductor, music pedagogue, church musician and composer, Willem Mathlener left a rich inheritance in the field of organ music in South Africa. He was born in 1909 in Delft in the Netherlands and distinguished himself as an organist and conductor in the thirties and forties of the previous century. He answered the calling of the Nederduitsch Reformed Church in South Africa to improve the standard of church music by immigrating to South Africa in 1948 at the age of 39. He settled in Vereeniging as a music teacher and organist from where he started to introduce his ideas about church music to the Nederduitsch Reformed Church and others. This led to the establishment of the Council for Church Music in 1951. Three years later the Church Music School in Krugersdorp was founded. This institution developed to such an extent that the Conservatoire for Music, Pretoria was established in 1960, the institution that Mathlener was mostly associated with. He implemented his beliefs about musical training which was the result of his own training at a European Conservatoire at both these institutions. As the secretary of the Council for Church Music he had a profound influence on the development and promotion of church music in South Africa. He assisted in the compilation of the Psalm and Hymn book of 1978 by supplying a large number of harmonisations for Hymns in this volume. As an organ advisor he designed about 200 organs. Mathlener’s talent as a composer developed naturally through his capacity as church musician and pedagogue. He composed organ music that can be used supplementary to the organist’s task as accompanist. His piano music fills the need for short study pieces for piano tuition. ©© UUnniivveerrssiittyy ooff PPrreettoorriiaa v Since the majority of Mathlener’s compositions do not exceed 30 bars he can be considered to be a miniaturist. His choral arrangements show for the most part a diatonic tonality and a contrapuntal texture which blends in with the style of music for liturgical use. A Psalm or Hymn melody forms mainly the basis for his organ music. Mathlener’s large compositional output which comprises 223 choral harmonisations, 175 works for organ, 53 works for piano and 12 vocal works created the need for a system to arrange his compositions in an orderly fashion. Some of his compositions were published in volumes and others are single unpublished works. The catalogue attempts to arrange Mathlener’s compositions in a logical way thus forming a comprehensive picture of the oeuvre of this composer as well as providing a useful reference tool for organists and other interested people. Key words biography catalogue Conservatoire for Music in Pretoria Council for Church music choral melody choral prelude choral setting hymn liturgical organ music Nederduitsch Reformed Church of Africa organ composer organ composition organist organ works piano composition psalm South African composer Willem Mathlener ©© UUnniivveerrssiittyy ooff PPrreettoorriiaa vi Bedankings My opregte dank gaan aan prof. Wim Viljoen vir sy leiding en ondersteuning in die onderneming van hierdie studie, my moeder, dr. Beatrix van der Walt vir die taalversorging asook my broers, familie en vriende vir hulle aanmoediging en gebede. Ek bedank my Hemelse Vader vir sy onderskraging tydens die studie. ©© UUnniivveerrssiittyy ooff PPrreettoorriiaa vii LYS AKRONIEME BWV Bach-Werke Verzeichnis LOM Liturgiese Orrelmusiek NHK Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika N.H.S.V. Nederduits Hervormde Sustersvereniging RGN Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing SAME Suid-Afrikaanse Musiekensiklopedie SAUK Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie UNISA Universiteit van Suid-Afrika UP Universiteit van Pretoria UVS Universiteit van die Vrystaat WMW Willem Mathlener-Werke WoO Werke ohne Opuszahl ©© UUnniivveerrssiittyy ooff PPrreettoorriiaa viii LYS NOTEVOORBEELDE Voorbeeld 1 Mathlener, Psalm 7, laagste en hoogste note van die melodie...... 44 Voorbeeld 2 Mathlener, Psalm 7, versreëls 1 en 2, harmonisasie: Koraalboek, 1978........................................................................... 45 Voorbeeld 3 Mathlener, Psalm 7, versreëls 1 en 2, harmonisasie: R.W. Mathlener.............................................................................. 45 Voorbeeld 4 Mathlener, Gesang 278, versreëls 1–4, sopraanstem................... 47 Voorbeeld 5 Psalm 86, versreëls 1–4, sopraanstem.......................................... 47 Voorbeeld 6 Psalm 11, versreël 1....................................................................... 48 Voorbeeld 7 Mathlener, Psalm 11, versreël 1..................................................... 49 Voorbeeld 8 Mathlener, Gesang 102, versreëls 3 en 6, sopraanstem............... 55 Voorbeeld 9 Mathlener, Voorspel vir Gesang 95, versreëls 5–7........................ 59 Voorbeeld 10 Mathlener, Voorspel vir Gesang 123, versreël 5............................ 60 Voorbeeld 11 Mathlener, Voorspel vir Gesang 123, versreël 5, alternatiewe skryfwyse........................................................................................ 60 Voorbeeld 12 Mathlener, Psalm 20 (Dieselfde wysie as Ges. 13)........................ 64 Voorbeeld 13 Bach, M atteus-passie, no. 60, Recitativo, Coro II, “Erbarm es Gott”, 1–4..................................................................... 81 Voorbeeld 14 Bach, Johannes-passie, no. 30, Recitativo, “Barrabas aber war ein Mörder”.............................................................................. 82 Voorbeeld 15 Mathlener, Koraalvoorspel oor Gesang 122, 1–6........................... 83 Voorbeeld 16 Bach, Matteus-passie, no. 61, Aria, Coro II, “Können Tränen meiner Wangen”, 1–4..................................................................... 83 Voorbeeld 17 Mathlener, Psalm 22...................................................................... 84 Voorbeeld 18 Mathlener, Ongetiteld, 1–7a........................................................... 88 Voorbeeld 19 Mendelssohn Bartholdy, Sonate VI, I, 55–61a............................... 88 Voorbeeld 20 Mathlener, Ontferm, o God, ontferm U tog oor my… Psalm 51, 1–10b............................................................................ 92 Voorbeeld 21 Bach, Erbarm’ dich mein, O Herre Gott, BWV 721, 1–6................ 92 ©© UUnniivveerrssiittyy ooff PPrreettoorriiaa ix LYS TABELLE Tabel 1 Titels van die tien Mathlener-harmonisasies in die Koraalboek van 1978 vergeleke met hulle korresponderende liednommers en titels in die Liedboek van die Kerk van 2001...................................52 Tabel 2 Titels van koraalvoorspel en -harmonisasiepare van Gesange in die bundel Koraalvoorspele met Gesange vir die Lydenstyd, Boek 4 vergeleke met die titels van die ooreenstemmende komposisies in die bundel 30 Uitgesoekte Gesange met Voorspele............................................................................................. 71 Tabel 3 Titels van koraalvoorspel en -harmonisasiepare van Gesange in die bundel Koraalvoorspele: met Gesange, Boek 5 vergeleke met die titels van die ooreenstemmende komposisies in die bundel 30 Uitgesoekte Gesange met Voorspele................................. 72 ©© UUnniivveerrssiittyy ooff PPrreettoorriiaa
Description: